Poe­mas se nu­we wa­pen teen Bok­ke

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Die Ar­gen­tyn­se Poe­mas het ’n ge­hei­me wa­pen wat hul­le teen die S­pring­bok­ke gaan in­span.

Die Poe­mas het reeds hier­die week ’n hom­mel­tuig in­ge­span ge­du­ren­de hul voor­be­rei­ding in Bu­e­nos Ai­res vir hul toets vol­gen­de week teen die S­pring­bok­ke in Port E­li­za­beth.

Ro­dri­go Mar­ti­nez, die span se vi­deo-a­na­lis, sê op die Poe­mas se amp­te­li­ke web­werf dat die ge­bruik van dié hom­mel­tuig reeds vrug­te af­werp.

“Die doel daar­van is om ons ’n be­ter, oor­hoof­se beeld van ons aan­val en ver­de­di­ging, as­ook van die spe­lers se hard­loop­ly­ne te gee,” sê Mar­ti­nez.

Ook Ger­mán Fer­nán­dez, die span se vaar­dig­heids­af­rig­ter, dink dis ’n goeie plan om die hom­mel­tuig in te span.

“As jy ’n i­dee aan die spe­lers wil oor­dra, is daar niks be­ter as ’n beeld van bo om dit uit te beeld nie,” sê hy.

Mar­ti­nez se ge­spe­le­ry met die hom­mel­tuig moet dus nie lig­te­lik op­ge­neem word nie.

Net so neem die Poe­mas be­slis ook nie die S­pring­bok­ke ná hul on­lang­se reek­soor­win­ning oor die Fran­se lig­te­lik op nie.

“Ver­le­de jaar het din­ge nie so goed vir hul­le (die Bok­ke) ver­loop nie.

“Hul­le moes by ’n nu­we af­rig­ting­span aan­pas, maar ons het be­slis ’n i­dee ge­kry van wat om nou van hul­le te ver­wag ná ons hul wed­stry­de teen die Fran­se in Ju­nie dop­ge­hou het,” sê Da­niel Hour­ca­de, die Pu­mas se hoof­af­rig­ter.

Die Poe­mas het die Bok­ke ver­le­de jaar in Sal­ta met 26-24 ge­klop na­dat die Bok­ke die vo­ri­ge week in Nel­spruit met 30-23 baas was.

Die oor­win­ning in Sal­ta was die eer­ste ooit wat Ar­gen­ti­nië op sy eie bo­dem oor Suid-A­fri­ka kon be­haal.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Ar­gen­tyn­se Poe­mas maak van hom­mel­tuig­teg­no­lo­gie ge­bruik om hul spel op die aan­val en ver­de­di­ging op te skerp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.