Mat­field kon nie nee sê vir dié ge­leent­heid

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Blou Bul­le sal al­tyd ’n spe­si­a­le plek in sy hart hê, maar dié is ’n won­der­li­ke ge­leent­heid wat die Leeus hom as brei­er bied en hy kon nie nee sê daar­voor nie.

Dit was gis­ter die woor­de van Vic­tor Mat­field toe hy by El­lis­park ont­hul is as die span se nu­we voor­spe­ler-af­rig­ter.

“Dit is fan­tas­ties om nou deel van die Leeus-op­set te wees. Ek be­won­der die kul­tuur wat hier ge­ves­tig is en ek is hier om te leer hoe din­ge ge­doen word.

“Rug­by is in my bloed en dit was ’n won­der­li­ke ge­leent­heid wat so s­kie­lik my kant toe ge­kom het om by af­rig­ting hier be­trok­ke te raak.

“As daar een mens is saam met wie ek sal wil af­rig en by wie ek wil leer, is dit juis S­wys de Bruin (die Leeus se hoof­af­rig­ter).

“Toe ek in 1999 by G­rie­kwas be­gin speel het, was hy my af­rig­ter daar en ek het on­der hom daar S­pring­bok ge­word. Ek het die wê­reld se re­spek vir hom as af­rig­ter,” het Mat­field ge­sê.

“Hy het my die kans as 21-ja­ri­ge ge­gee om by G­rie­kwas te kom speel en dit is iets wat nog al­tyd by my ge­bly het,” sê Mat­field.

“Ek kon al som­mer net hier­die week sien met wat­ter in­ten­si­teit hier by die Leeus ge­oe­fen word. Ek het voor­heen al by die Bul­le be­trok­ke ge­raak met af­rig­ting, maar in die jaar wat ek ge­speel en toe ook help af­rig het, was dit ’n moei­li­ke si­tu­a­sie om al­bei te han­teer,” er­ken hy.

Mat­field is die mees er­va­re S­pring­bok nóg met 127 toet­se en is ook die e­nig­ste Suid-A­fri­kaan­se kap­tein wat al die Su­per­tro­fee om­hoog ge­hou het, toe hy dit in 2007, 2009 en 2010 saam met die Bul­le reg­ge­kry het.

Sy flink rug­by­brein en ver­moë as ’n stra­teeg sal ’n groot ba­te vir die Leeus wees.

Mat­field sal twee dae ’n week by oe­fe­nin­ge wees en al die wed­stry­de by­woon.

JP Fer­rei­ra, wat die af­ge­lo­pe klom­pie ja­re die ver­de­di­gings­af­rig­ter was, is voort­aan die aan­valsaf­rig­ter.

Dit laat die deur oop vir Joey Mon­ga­lo, ver­le­de jaar se af­rig­ter van die se­ë­vie­ren­de o.19-span van die Leeus, om as nu­we ver­de­di­gings­af­rig­ter te werk.

■ Die nu­we af­rig­ting­ en be­stuur­span is: Hoof­af­rig­ter: S­wys de Bruin. Aan­val: JP Fer­rei­ra. Ver­de­di­ging: Joey Mon­ga­lo. Voor­spe­lers: Vic­tor Mat­field. Kon­di­si­o­ne­ring: I­van van Rooy­en. S­pan­dok­ter: Dr. Rob Col­lins. Fi­si­o­te­ra­peut: P­re­ven Ap­pal­sa­my. Bi­o­ki­ne­ti­kus: Jan­nie K­ling­biel. Mas­se­ring­te­ra­peut: Ram M­pi­le en Ca­rol Dick­son. S­pan­be­stuur­der: Mus­tapha Boom­gaard. As­sis­tent­s­pan­be­stuur­der: Jo­ha­ne Sing­wa­ne. Kon­sul­tan­te: Jan­nie Put­ter, Ba­lie Swart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.