Kor­po­raal skiet vrou voor ge­lief­de

Wou mo­tor­fiets van pad dwing

Beeld - - Voorblad - Seug­net van Zyl

’N28-ja­ri­ge vrou is Don­der­dag­aand ten aan­skoue van haar ver­loof­de in die bors ge­skiet.

Jo­han Harm­se (29) sê hy en Ca­ri­ne van S­ta­den (28) het op sy mo­tor­fiets ge­ry toe ’n man her­haal­de­lik pro­beer het om hul­le met ’n amp­te­li­ke weer­mag­voer­tuig, ’n wit Au­di, van die pad af te dwing.

Hul­le het ag­ter die man aan­ge­ry om sy be­son­der­he­de te pro­beer kry en te hoor waar­om hy hul­le van die pad af pro­beer dwing het. In ’n sta­di­um het die mo­tor Van S­ta­den se voet met sy buf­fer ge­tref.

Harm­se sê Van S­ta­den het om­streeks 18:00 op die hoek van La­ven­der­weg en Braam P­re­to­ri­us­straat in Won­der­boom by ’n rooi ver­keers­lig van die mo­tor­fiets af­ge­klim om die man te vra wat sy pro­bleem is.

“Hy het net sy (mo­tor)deur oop­ge­maak en ’n ge­weer reg­uit in haar bors ge­druk en ge­skiet . . . Hy het net ge­skiet en toe weg­ge­ry.”

Hy sê kort na­dat die man hul­le vir die eer­ste keer voor die Won­der­boom Juncti­on-win­kel­sen­trum van die pad af pro­beer dwing het, het hy die vi­de­o­ka­me­ra wat aan sy val­helm ge­kop­pel is, aan­ge­ska­kel. Hy het ’n vi­deo van die voor­val ge­maak.

Die po­li­sie het la­ter op die ka­me­ra en vi­deo be­slag ge­lê.

Die paar­tjie was van Van S­ta­den se ou­er­huis in Das­poort in P­re­to­ria-Wes on­der­weg na vrien­de in Mon­ta­na.

Vol­gens Harm­se het die weer­mag­lid kort na­dat hy Van S­ta­den ge­skiet het die vuur­wa­pen ook op hom ge­rig.

Van S­ta­den se pa, ook Jo­han, sê sy dog­ter is deur haar een long ge­skiet. “Haar long het plat­ge­val en haar hart is met mil­li­me­ters ge­mis.”

Van S­ta­den is in die waak­een­heid van die Ga-Ran­ku­wa­hos­pi­taal.

Hy sê die weer­mag­lid het hom ’n uur en ’n half ná die voor­val by die Si­no­vil­le-po­li­sie­kan­toor gaan oor­gee.

“Hy is glad nie in heg­te­nis ge­neem nie en bloot op ’n waar­sku­wing vry­ge­laat. Dit is om­ge­keer­de ras­sis­me.”

Hy het ver­wys na die vyf mans wat steeds ag­ter tra­lies is ná ’n stru­we­ling met ’n klant ver­le­de Don­der­dag by KFC in Mon­ta­na.

Ao. Jo­han van Dyk, woord­voer­der van dié po­li­sie­kan­toor, het be­ves­tig ’n saak van po­ging tot moord word on­der­soek.

Die kor­po­raal voer glo aan die paar­tjie het hom ge­kaap, maar hy het nie amp­te­lik ’n saak aan­han­gig ge­maak nie.

Ca­ri­ne van S­ta­den

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.