An­ne­li­ne se goue rok uit­ge­stal

Beeld - - Voorblad - S­han­tel Mo­ses

Die voor­ma­li­ge Mej. Suid-A­fri­ka en Mej. Wê­reld An­ne­li­ne K­riel Ba­con het gis­ter e­mo­si­o­neel ge­raak toe sy die goue rok en man­tel wat sy ty­dens die 1974-Mej. Wê­reld-kom­pe­ti­sie ge­dra het weer ge­sien het.

An­ne­li­ne (63) het die rok en ’n man­tel met 272 na­ge­maak­te Kru­ger­mun­te vroe­ër van­jaar aan P­rin­ce & P­rin­ce Di­a­monds se ju­we­liers­mu­seum in Loop­straat, Kaap­stad, ge­skenk. Die uit­stal­ling van die rok vorm deel van die Kru­ger­rand se 50ste be­staans­jaar.

“Die goue rok, man­tel en ’n tul­band was my tra­di­si­o­ne­le uit­rus­ting vir die Mej. Wê­reld­kom­pe­ti­sie. Dit is ge­ïn­spi­reer deur die land se goud­vel­de. Ons moes toe­stem­ming van die des­tyd­se fi­nan­si­ë­le o­wer­he­de kry om die na­ge­maak­te mun­te te dra.”

Sy sê sy het die rok twee keer ge­dra na­dat sy as Mej. Wê­reld ge­kroon is, maar het in­tus­sen die tul­band ver­loor.

Sy ver­tel met ver­won­de­ring dat die rok steeds on­ge­loof­lik lyk en sê: “Ek dink ek moes daar­die aand net so on­ge­loof­lik ge­lyk het, maar in die oom­blik weet jy dit nie. Ek was ’n arm stu­dent en dit was vir my on­ge­loof­lik om sul­ke mooi kle­re te kon dra.

“Voor die kom­pe­ti­sie was ek ’n arm stu­dent wat met ’n te­o­lo­gie­stu­dent uit­ge­gaan het. Din­ge kon so­veel an­ders ge­wees het . . . Ek kon Me­vrou Do­mi­nee ge­wees het.”

An­ne­li­ne het be­sluit om haar rok aan die mu­seum te skenk om­dat 10% van die ver­ko­pe by die ju­we­liers­win­kel aan die lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie van haar keu­se, The Un­der­dog Pro­ject in Hout­baai, ge­skenk word.

The Un­der­dog Pro­ject maak ge­bruik van te­ra­pie­hon­de om kwes­ba­re kin­ders en tie­ners te help om hul e­mo­si­o­ne­le pro­ble­me te oor­kom.

An­ne­li­ne woon dees­dae saam met haar man, Pe­ter Ba­con, in Mau­ri­ti­us. Sy het twee dog­ters uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik.

“My kin­ders se ge­boor­te was die hoog­te­punt van my le­we; dit en toe ek as Mej. SA en la­ter Mej. Wê­reld ge­kroon is.”

Die pu­bliek kan die rok by die ju­we­liers­mu­seum gaan be­sig­tig en mag ook ’n sel­f­ie neem by die uit­stal­ling van die rok.

An­ne­li­ne K­riel Ba­con by die rok en man­tel wat sy in 1974 ty­dens die Mej. Wê­reld­kom­pe­ti­sie ge­dra het.

Fo­to: VERSKAF

An­ne­li­ne K­riel Ba­con in 1974 ty­dens die Mej. Wê­reld­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.