S­jef Mar­co: Wie wil nou ’n wurm eet!

As ’n mens ge­luk­kig is, kry jy ’n paar keer in jou le­we die kans om ie­mand wat jy be­won­der, te ont­moet. Dit was be­slis ’n be­le­we­nis om ’n half­uur met die be­kroon­de s­jef Mar­co Pier­re W­hi­te te kon praat toe hy on­langs Suid­A­fri­ka be­soek het vir die Good Foo

Beeld - - Voorblad - KARLA JANSE VAN VUUREN @kar­la­kos­klets

Deur die glas­ven­sters van die Maslow-ho­tel in Sand­ton sien ek die groot man met sy ken­mer­ken­de krul­kop en bril laag op sy neus op die stoep sit. As aan­han­ger van Mas­terC­hef Aus­tra­lia het ek hom al so­veel keer op die kas­sie ge­sien dat dit ef­fens on­werk­lik voel om hom nou in le­wen­de ly­we te ont­moet.

Mar­co Pier­re W­hi­te, B­rit­se s­jef, re­stau­ra­teur en TV-per­soon­lik­heid, is al die eer­ste glanssjef ge­noem. Hy is die jong­ste s­jef tot nog toe wat met drie Mi­che­lin­ster­re be­kroon is (hy was 33) en hy het be­ken­de sjefs soos Gor­don Ram­say, Ma­rio Ba­ta­li, Cur­tis S­to­ne en S­han­non Ben­nett op­ge­lei.

Dees­dae sal die mees­te men­se hom her­ken van­weë sy ver­sky­ning op die ge­wil­de re­a­li­teits­reeks Mas­terC­hef Aus­tra­lia, waar “Mar­co-week” al­tyd vir groot op­win­ding sorg.

Hy groet vrien­de­lik met die hand en maak ver­sko­ning dat hy aan­hou om sy toe­brood­jie en tjips te ver­slind ter­wyl ons ge­sels. Hy is dui­de­lik ra­send hon­ger na­dat sy vlug van En­ge­land net ’n uur te­vo­re ge­land het.

Dit is sy eer­ste keer in Jo­han­nes­burg, maar sy der­de keer in die land (die vo­ri­ge twee ke­re was hy net in Kaap­stad).

“Die Kaap is prag­tig en ek het ook baie van die men­se ge­hou – baie in­ne­mend.”

Ek kan sien dat hy ie­mand is wat die le­we baie erns­tig op­neem; ’n Mar­co-glim­lag is dui­de­lik ’n skaars­heid.

Na­tuur­lik won­der ek wat dink hy van Suid-A­fri­kaan­se kos?

“Met el­ke be­soek was ek hier om te werk, so ek het nie die kans ge­kry om werk­lik toe­ris te wees nie. Maar ek het bo­bo­tie ge­proe en hou nog­al daar­van. In die Kaap is die vars see­kos na­tuur­lik uit­ste­kend en ek het al ’n paar keer bil­tong ge­proe – spring­bok­bil­tong is be­slis my guns­te­ling.”

Hy be­duie ook dat hy hou van “daar­die ker­rie-in-brood-ge­reg, wat is dit nou weer?”

“Bun­ny chow – dit kom oor­spronk­lik van Dur­ban af,” antwoord ek.

“Ja, ek hou daar­van. Ek hou van die eer­lik­heid daar­van. Dit is ’n slim, rus­tie­ke ma­nier van eet.”

Hy loer bo-oor sy bril en swaai ’n tjip met ta­ma­tie­sous rond ter­wyl hy praat (ek is bang die sous gaan op sy wit hemp of je­ans be­land).

Ek vra of hy al ooit ’n mo­pa­nie­wurm ge­proe het.

“’n Wurm! Hoe­kom wil jy ’n wurm eet in hier­die land waar jy kan smul aan ste­ak en kreef?” Ek moet sê, ek stem saam. Hy ver­tel dat sy tyd by Mas­terC­hef Aus­tra­lia nou tot ’n ein­de ge­kom het, en dat hy an­der rig­tings in­slaan, soos om op Hell’s Kit­chen te ver­skyn.

“Mas­terC­hef, en eint­lik e­ni­ge kos­pro­gram, het ’n po­si­tie­we im­pak op die kos­wê­reld want dit prik­kel men­se se be­lang­stel­ling in kos en kos­maak. Dit in­spi­reer ’n mens om self te pro­beer.”

Hell’s Kit­chen is na­tuur­lik si­no­niem met Gor­don Ram­say, en ek vra W­hi­te wat sy be­na­de­ring is om an­der sjefs op te lei.

“Ek het nooit met op­set ie­mand e­nig­iets ge­leer nie. Ek glo jy moet leer deur doen. Re­stau­ran­te is nie kook­sko­le nie, jy word aan die diep­kant in­ge­gooi en jy moet jou ore en oë oop­hou om so­veel as moont­lik, so vin­nig as moont­lik, te leer. As jy die hoof­sjef dop­hou en ken­nis kan op­bou, volg er­va­ring en dan val al­les in plek. En as jy ken­nis en er­va­ring het, dan het jy self­ver­troue.”

Sy drie guns­te­ling-be­stand­de­le?

Hy dink ’n ruk­kie en be­duie toe met sy bril, waar­van die arm­pies wind­skeef staan: “Bot­ter, bot­ter en bot­ter. Al­les proe net be­ter met bot­ter. Wat is ’n stuk­kie roos­ter­brood, ’n aar­tap­pel, ’n plaat­koe­kie, son­der bot­ter?”

Ek vra of daar e­nig­iets is wat hom laat gril.

“Nee, ek eet al­les, selfs vreem­de goed soos gor­rels en se­nings – al moet ek sê ek sal nie gou weer ’n gor­rel eet nie; die teks­tuur was erg on­aan­ge­naam.”

Ter­wyl hy sy laas­te tjip ge­niet, ver­tel hy hy is lief vir reis, en om in­te­res­san­te plek­ke te be­soek, maar hy is nie gaan­de daar­oor om op die strand te stap nie.

“Dis te on­ge­mak­lik om op sand te pro­beer loop.”

Fo­to’s: GER­RIE JANSE VAN VUUREN

Mar­co Pier­re W­hi­te is ’n pas­sie­vol­le s­jef en ’n ge­sprek met hom is be­slis meer erns­tig as vro­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.