DNS­ken­ner in die reg­bank

Hen­ri se reg­span ha­mer 4 dae op DNS­ge­tui­e­nis

Beeld - - Voorblad - Le Roux S­choe­man en Ja­na B­rey­ten­bach

Daar was nou wel ’n nuut­jie in die vorm van ’n reg­streek­se vi­deo-uit­sen­ding, maar dit be­te­ken nie dit was “goeie TV” die af­ge­lo­pe week in hof 1 van die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad nie.

Dit was de­tail­be­laai­de, plek­plek mee­do­ën­lo­se kruis­on­der­vra­ging oor DNS en stan­daard­werks­pro­se­du­res wat po­li­sie­be­amp­tes soos lt.kol. S­har­le­ne Ot­to diep in die diens se la­bo­ra­to­ri­ums volg.

Vier dae lank het Hen­ri van Breda se reg­span ge­bei­tel en ge­skuur aan een van die steun­pi­la­re van die staat se saak: Dat net die Van Breda-ge­sin se DNS in die moord­huis was.

Dit moet ge­sien word in die lig van Hen­ri se weer­ga­we dat ’n in­bre­ker daar­die nag in Ja­nu­a­rie 2015 die ge­sin in hul huis op die De Zal­ze-land­goed aan­ge­val het.

Nuus­kie­ri­ges kon, ná ’n a­par­te hof­be­slis­sing, se­dert Maan­dag vir die eer­ste keer reg­streeks via ’n vi­de­o­stroom op Net­werk24 dop­hou hoe die saak ont­vou.

Die DNS-ken­ner Ot­to is ’n fyn vrou wat met groot hand­ge­ba­re praat en haar stip blik deur­gaans op adv. Matthys Com­brink ge­rig het.

Teen gis­ter, dag vier van haar ge­tui­e­nis, het Ot­to se oë met re­ël­maat dak­waarts be­gin rol. Com­brink was be­sig om Ot­to se ge­duld te toets.

Op dag drie het Com­brink haar sub­jek­tief ge­noem. Op dag vier was sy moei­lik oor daar­die be­skul­di­ging. Com­brink het haar gis­ter kort voor mid­dag­e­te “ut­ter­ly bi­a­sed” – to­taal be­voor­oor­deeld – be­gin noem.

Min­der as ’n me­ter ag­ter Com­brink was Hen­ri, ge­klee in ’n grys pak en met swart aan­glip­skoe­ne. Hy het af en toe ’n ga­pie ver­berg.

Die moord­be­skul­dig­de het deur­gaans met die vin­ger­ver­nuf van ’n waf­fer­se E­ric Clap­ton met ’n ring ge­speel wat hy tus­sen sy vin­gers rond­ge­rol het. In die gan­se week het dit slegs een keer ge­val – met ’n lui­de ge­klin­gel op die hof se hout­plank­vloer.

Com­brink het ná die e­tens­uur ’n laas­te po­ging aan­ge­wend deur spe­si­fiek te ver­wys na die bloed wat in die stort ge­kry is.

Hy het ge­sê Ot­to het Maan­dag ge­tuig Te­re­sa, Ru­di en Hen­ri se DNS is in dié mon­ster ge­vind. Hy kon Ot­to laat er­ken dat dit nie nood­wen­dig al drie se DNS is nie om­dat 50% van Hen­ri en Ru­di se DNS uit Te­re­sa s’n be­staan.

Laas­tens het Com­brink pro­beer be­wys dat daar on­be­ken­de DNS op die to­neel was. Hy het ver­wys na mon­sters wat vol­gens die e­lek­tro­fie­le ma­nier ge­toets is.

Ot­to het vol­strek ge­wei­er om oor dié DNS te ge­tuig om­dat dit nie as DNS ge­klas­si­fi­seer is nie.

Ná haar ge­tui­e­nis wou A­net­te de Lan­ge, ’n as­ses­sor van reg­ter Si­raj De­sai, van Ot­to weet ge­stel ’n in­bre­ker is ge­klee in ’n klap­mus en hand­skoe­ne, maar het nor­ma­le kle­re aan, of daar DNS oor­ge­dra sou word?

Ot­to het ge­sê ’n mens sou nie ver­wag dat daar DNS oor­ge­dra sou wees nie.

Fo­to: LE ROUX S­CHOE­MAN

Hen­ri van Breda op die skerm van die ka­me­ra wat die vi­de­o­stroom se reg­streek­se uit­sen­ding op­neem.

Fo­to: LE ROUX S­CHOE­MAN

Lt.kol. S­har­le­ne Ot­to, DNS­ken­ner, wag in die ge­tui­e­bank voor­dat dag vier van haar ge­tui­e­nis be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.