Ja­stem­mers moet be­dank, sê Ace

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Ace Ma­gas­hu­le, Vry­staat­se pre­mier, meen die ANC-LP’s wat Dins­dag ten guns­te van die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma ge­stem het, moet be­dank.

Hy sê LP’s het ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om die par­ty se man­daat uit te voer.

“As jy on­ge­luk­kig is met die ANC, waar­om be­dank jy nie net vry­wil­lig nie?” vra hy.

Ma­gas­hu­le het gis­ter op die ANC se pro­vin­si­a­le lei­er­skaps­kon­fe­ren­sie in Pa­rys aan joer­na­lis­te ge­sê die par­ty het be­wy­se dat som­mi­ge LP’s te vriend­skap­lik met die op­po­si­sie was.

“Ons ver­soek ka­me­ra­de om tot hul sin­ne te kom, te fo­kus en nooit die re­vo­lu­sie uit te le­wer nie,” sê hy.

Ma­gas­hu­le ont­ken e­ni­ge stru­we­ling tu­sen hom en sy ad­junk, T­ha­bo Ma­nyo­ni, wat nie die eer­ste dag van die drie­dag-sa­me­koms by­ge­woon het nie.

“Ek weet nie waar­om hy nie daar was nie, want al­mal is ge­nooi,” sê Ma­gas­hu­le.

Die lei­er­skaps­kon­fe­ren­sie ver­vang die par­ty se pro­vin­si­a­le ver­kie­sings­kon­gres, wat uit­ge­stel is ná ver­skeie hof­sa­ke deur le­de wat on­ge­luk­kig was daar­mee.

Dit is nog on­dui­de­lik of een van hier­die hof­sa­ke deur Ma­nyo­ni aan­han­gig ge­maak is.

Ma­nyo­ni het hom as Ma­gas­hu­le se op­vol­ger be­skik­baar ge­stel wan­neer die ver­kie­sings­kon­gres voort­gaan.

Ma­gas­hu­le sê dat dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, Zu­ma se eks­vrou, van­dag ’n spreek­beurt het, be­te­ken nie die Vry­staat on­der­steun haar nie. Hy het ook al­le aan­ty­gings dat die pro­vin­sie nie adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa on­der­steun nie, ont­ken. Ma­nyo­ni on­der­steun Ra­map­ho­sa glo.

An­der ANC-lei­ers wat van­dag op die kon­fe­ren­sie ver­wag word, sluit Zu­ma, Jes­sie Du­ar­te, Na­le­di Pan­dor en Na­thi Mt­hethwa in.

Fo­to: SEL­LO­A­NE K­HA­LA­NE

Ace Ma­gas­hu­le, pre­mier, en Wil­li­am Bul­wa­ne, se­kre­ta­ris, op die ANC se pro­vin­si­a­le ver­ga­de­ring gis­ter in Pa­rys, die Vry­staat.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.