Is ANC­twis re­de vir moord op S­ha­heed?

Sy moor­de­naars vlug son­der om e­nig­iets te vat

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

Is Dul­lah O­mar, oud­mi­nis­ter van jus­ti­sie, se broers­kind, S­ha­heed O­mar, in ’n huur­moord dood­ge­skiet of was hy bloot die slag­of­fer van ’n sin­lo­se mis­daad?

Dit is die vrae wat ge­stel word na­dat S­ha­heed Don­der­dag om­streeks 20:30 in Ot­te­ry, Kaap­stad, dood­ge­skiet is.

S­ha­heed (38) is dr. A­dam en Zu­beigha O­mar se seun. A­dam is Dul­lah O­mar se broer.

Zu­beigha was saam met haar seun in sy Volks­wa­gen Po­lo toe hy ge­skiet is, sê sy tan­te, dr. Mi­ri­am O­mar.

“Hy was op pad van sy oom se huis in Gras­sy Park waar sy ma ge­kui­er het. Hy moes sy ma by haar huis in Ry­lands af­laai. Op ’n straat­hoek in Lans­do­w­ne het mans met vuur­wa­pens voor die voer­tuig in­ge­spring.”

S­ha­heed het aan die mans ge­sê om die voer­tuig te vat en wat ook al hul­le wou hê.

“Hy het hul­le ge­soe­bat om hom en sy ma te laat gaan. Hul­le het hom ge­skiet en ge­vlug son­der om e­nig­iets te vat.”

Die ag­ter­dog oor die mo­tief vir sy dood spruit uit die in­ten­se in­ter­ne stru­we­ling in die ANC in die Wes-Kaap, waar die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee die Dul­lah O­mar-streek van die par­ty in Kaap­stad ont­bind het.

Die O­mar-fa­mi­lie het hul­le ver­le­de week ge­dis­tan­si­eer van ’n op­tog na die par­le­ment ter on­der­steu­ning van pres. Ja­cob Zu­ma.

Die fa­mi­lie het ook in ’n brief aan die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee ge­vra dat Dul­lah O­mar se naam ver­wy­der word as dié van die streek in die Kaap­stad-me­tro.

Die fa­mi­lie wil nie kom­men­taar le­wer op dié be­spie­ge­ling nie. Abdul Wa­heed Pa­tel, die fa­mi­lie se woord­voer­der oor die moord op S­ha­heed, sê hul­le kan nie be­spie­gel nie.

Fai­ez Ja­cobs, ANC-se­kre­ta­ris in die Wes-Kaap, het by die be­graf­nis gis­ter­mid­dag uit ’n mos­kee in Ry­lands na­mens die ANC e­ni­ge be­we­rings ver­werp dat die moord dalk iets te doen kon hê met die O­mar-fa­mi­lie se ver­soek dat hul pa­tri­arg se naam van die Dul­lah O­mar-streek van die ANC ver­wy­der word, be­rig L­le­wel­lyn P­rin­ce.

Kapt. F.C. van Wyk, po­li­sie­woord­voer­der, sê nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

S­ha­heed O­mar (38)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.