Hof­sa­ke so ver­my

Beeld - - Nuus -

Ma­gas­hu­le sê die ANC in die Vry­staat het sy kon­fe­ren­sie, wat die na­week sou plaas­vind, deur die lei­er­skaps­kon­fe­ren­sie ver­vang om hof­sa­ke te ver­my.

Daar was ver­skeie dis­pu­te deur ANC­tak­ke in die pro­vin­sie.

Ma­gas­hu­le het aan ANC­le­de ge­sê ver­skeie tak­ke en in­di­vi­due het die par­ty ge­dag­vaar oor die pro­vin­si­a­le kon­fe­ren­sie.

Hy het die lo­ja­li­teit van ANC­le­de be­vraag­te­ken wat die par­ty hof toe ge­sleep het en ge­sê som­mi­ge van dié dag­vaar­dings word han­teer deur pro­ku­reurs­fir­mas wat ook die EFF ver­teen­woor­dig.

Die kon­fe­ren­sie van drie dae word deur ho­ë­pro­fiel­ANC­le­de en tak­le­de van vyf dis­trik­te in die Vry­staat by­ge­woon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.