Nóg ’n stad­saal in Man­gaung in brand ver­woes

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

S­ka­de van der­dui­sen­de ran­de is aan­ge­rig toe die twee­de stad­saal in die Man­gaung- mu­ni­si­pa­le ge­bied van­jaar af­ge­brand het.

Dié keer was dit die sier­li­ke stad­saal van We­pe­ner wat gis­ter­og­gend vroeg in lig­te laaie was.

Qon­di­le K­he­da­ma, die me­tro se hoof­be­stuur­der van kom­mu­ni­ka­sie, sê dit lyk as­of ’n kort­slui­ting die brand ver­oor­saak het.

Dit is an­ders as die Bloem­fon­tein­se stad­saal, wat op 21 Ju­nie van­jaar ten ty­de van ’n sta­king van die Suid-A­fri­kaan­se Mu­ni­si­pa­le Wer­kers­u­nie (Sam­wu) aan die brand ge­steek is.

Al­bei stad­sa­le is his­to­rie­se sand­steen­ge­boue.

Die Ehr­li­ch­park-brand­weer het hom gis­ter in die vroeë og­gend­u­re na die stad­saal in We­pe­ner ge­haas.

K­he­da­ma sê die res van die We­pe­ner-stad­saal het nou af­ge­brand na­dat ’n deel van die stad­saal reeds in 2010 af­ge­brand het.

Se­dert die eer­ste brand was die stad­saal in on­bruik.

Die aan­gren­sen­de mu­ni­si­pa­le kan­to­re wat met ’n brand­muur van die stad­saal ge­skei word, is ge­luk­kig nie be­ska­dig nie.

T­heuns van der West­hui­zen, brand­weer­hoof van die me­tro, en die fo­ren­sie­se af­de­ling van die po­li­sie het ook gis­ter­og­gend on­der­soek gaan in­stel.

“Al­les dui daar­op dat dit nie brand­stig­ting is nie, maar ’n kort­slui­ting,” sê K­he­da­ma.

“Nie­mand is in die voor­val be­seer nie.”

Beeld het op 17 Maart 2010 be­rig die stad­saal in We­pe­ner het kort te­vo­re af­ge­brand, want die sleu­tels van die brand­weer­wa is ’n paar dae te­vo­re ge­steel.

■ Die We­pe­ner-stad­saal is in 1927 ge­bou.

Die prag­ti­ge ou stad­saal in We­pe­ner wat Don­der­dag­nag deur ’n brand ver­woes is. Daar word ver­moed dat dit deur ’n kort­slui­ting ver­oor­saak is.

Al­les is ver­skroei in We­pe­ner se stad­saal wat Don­der­dag­nag af­ge­brand het. Dit is die twee­de stad­saal in die Man­gaung­me­tro wat van­jaar af­brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.