Kis­voor­val: ‘Bak­kie nie dié dag by kuil­voer­gat’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rie Ver­sluis

Die Toyo­ta Land Crui­ser wat T­heo Jack­son as plaas­voor­man ge­bruik het, was op 17 Au­gus­tus 2016 nie na­by die kuil­voer­gat waar­in Vic­tor Mlotshwa in ’n doods­kis ge­dwing is nie.

Dít blyk uit die ge­tui­e­nis van An­dré Ma ree, sleu­tel re­ke­ning be­stuur­der van die voer­tuig op­spo­rings maat­skap­py C art ra c kin Mid­del­burg, gis­ter in die rond­gaan­de hof in die dorp.

Ma­ree het na­mens die ver­de­di­ging ge­tuig in Jack­son en Wil­lem Oost­hui­zen se ver­hoor.

Jack­son (29) en Oost­hui­zen (28) staan op ’n rits aan­klag­te te­reg. Hul­le het Mlotshwa in die kis ge­dwing en ge­dreig om hom met pe­trol aan die brand te steek en om ’n slang in die kis te sit.

Hul­le ont­ken eg­ter skuld op die aan­klag­te teen hul­le, wat in­sluit men­se­roof, in­ti­mi­da­sie, po­ging tot moord en aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer.

Die ver­de­di­ging wil met die da­ta van die op­spo­rings toe­stel in Jack­son se Land Crui­ser toon dat die kis­voor­val op 7 Sep­tem­ber 2016 ge­beur het en nie op 17 Au­gus­tus 2016 soos die staat be­weer nie. Die ver­de­di­ging voer aan die staats­ge­tui­es, en dalk ook die po­li­sie, het “oor­een­ge­kom” op die da­tum van 17 Au­gus­tus 2016.

Oost­hui­zen en Jack­son het vir ver­skil­len­de boer­de­rye in die B­link­pan-dis­trik bui­te Mid­del­burg ge­werk toe hul­le Mlotshwa in die kis ge­dwing het. Dit het op die plaas B­les­bok­vlak­te in B­link­pan ge­beur. Die kis is voor­af in die kuil­voer­gat ge­sit na­dat Jack­son dit met sy bak­kie gaan haal het.

Ma­ree het ge­tuig vol­gens die rit­ver­slae vir die Land Crui­ser wat Jack­son ge­bruik het, was die bak­kie die og­gend van 7 Sep­tem­ber 2016 by die kuil­voer­gat op B­les­bok­vlak­te. Dit was op 17 Au­gus­tus 2016 eg­ter nie na­by die kuil­voer­gat nie.

Jack­son het vroe­ër ge­tuig Car­track het die rit­ver­slae gra­tis voor­sien. Die op­spo­rings­maat­skap­py C-Track, wie se toe­stel in Oost­hui­zen se Land Crui­ser was, sou eg­ter ’n hoë ta­rief vra om Oost­hui­zen se rit­ver­slae te trek en Oost­hui­zen kon dit nie be­kos­tig nie. Jack­son het ge­tuig hul­le is al­bei werk­loos.

Die ver­hoor her­vat op 21 Au­gus­tus wan­neer die staat en die ver­de­di­ging fi­na­le be­toë gaan le­wer voor­dat reg­ter S­hei­la Mp­hahle­le uit­spraak sal le­wer.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.