‘He­re het twee po­li­ti­ci uit­ge­wys om te salf’

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’NBe­jaar­de Bloem­fon­tein­se pas­toor trek van­dag by sy 19de dag van vas en ge­bed van 40 dae vir Suid-A­fri­ka en sy men­se. En die He­re het reeds twee po­li­ti­ci aan hom uit­ge­wys wat hy moet gaan salf om die land vo­ren­toe te neem, sê dr. Jo­han Roos (73).

Roos sê hy bid on­op­hou­de­lik dat die He­re vir hom moet wys wat die in­wo­ners van Suid-A­fri­ka moet doen so­dat God die land sal red. “God is reeds be­sig om deur Sy Hei­li­ge Gees met my te praat.”

Hy ver­wys na ’n stuk uit 1 Sam. 11: “Mô­re as die dag op sy warm­ste is, sal daar uit­koms wees . . .”

Roos glo God sal Suid-A­fri­ka red, mits sy in­wo­ners hul­le voor Hom ver­oot­moe­dig, op hul knieë gaan en tot Hom bid.

“Be­keer jul­le en bid on­op­hou­de­lik dat die He­re ’n ein­de aan dié ver­woes­ting, kor­rup­sie, moord, plaas­moor­de, dief­stal­le en­so­voorts sal maak en glo soos ’n kind dat God uit­koms sal bring.”

Roos sê die twee po­li­ti­ci wat die He­re aan hom uit­ge­wys het om te gaan salf, sal in staat wees om die land vo­ren­toe te neem, maar hy wil nie die na­me ver­klap nie.

Hy wil eers self met daar­die po­li­ti­ci in ver­bin­ding tree en aan hul­le die bood­skap­pe oor­dra wat “God my ge­gee het om vir hul­le te gee”.

Roos sê hy het die af­ge­lo­pe 19 dae reeds 10 kg ver­loor, “maar ek wil nie die klem op die ge­wigs­ver­lies laat val nie, want dit gaan nie daar­oor nie”.

Hy sê hy eet geen vas­te stow­we nie en drink net rooi­bos­tee met ’n bie­tjie heu­ning, kof­fie met bruin­sui­ker en wa­ter.

“Ek is nie ’n po­li­ti­kus nie en ek hoef ook nie een te wees om te weet dat die land in ’n to­ta­le ge­mors is nie.

“Die groot ge­tal­le werk­lo­ses maak my baie be­kom­merd, as­ook die ge­weld en moor­de. Al dié toe­stan­de het my as lands­bur­ger erg be­kom­merd.

“Die ge­volg is dat ek erns­tig be­gin bid het vir ons land. In my ge­bed het ek die He­re ge­vra om iets te doen om die land te ver­an­der. Die He­re het toe deur Sy Hei­li­ge Gees vir my ge­sê: ‘Jy vra ek moet iets doen, maar wat doen jy?’ ”

Hy sê dit is God wat vir hom ge­wys het om so te vas en te bid en om men­se aan te moe­dig om een dag per week saam met hom te vas en te bid.

Men­se wat saam wil bid en vas, kan hom bel by 072 146 1343. ■ Roos het in 2013 ’n e­re­dok­tors­graad van die T­ri­ni­ty In­ter­na­ti­o­nal Bi­ble U­ni­ver­si­ty in Kim­ber­ley ont­vang.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Past. Jo­han Roos sê hy het die af­ge­lo­pe 19 dae reeds 10 kg ver­loor ter­wyl hy vas en bid vir Suid­A­fri­ka en sy men­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.