Knys­na se Co­dy hol rond ná bran­de

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

Knys­na se be­kend­ste perd, Co­dy, rol weer in die gras rond en hard­loop die wê­reld vol.

Co­dy het 16 dae in die veld met brand­won­de oor­leef ná die ver­woes­ten­de bran­de op 7 Ju­nie en toe op sy eie met die N2 huis toe ge­stap.

“Hy her­stel on­ge­loof­lik,” sê Ka­ren Ra­de­mey­er, sy ei­e­naar. “Die won­de aan sy ge­sig word goed ge­sond en hy hard­loop sterk.”

Ra­de­mey­er het on­langs ’n vi­deo op Fa­ce­book ge­plaas waar Co­dy flink om die huis ge­hard­loop kom na­dat sy fluit. “Dit is my spe­si­a­le fluit wat ek al­tyd vir die po­nies ge­bruik,” sê sy.

“Ons is baie trots op Co­dy. Hy is vas­be­ra­de en het ge­wys die ding sal hom nie on­der­kry nie.”

Toe die bran­de uit­ge­breek het, is Co­dy en nog vier po­nies in ’n na­by­ge­leë plan­ta­sie ge­jaag om­dat hul­le in die cha­os nie wou toe­laat dat men­se hul­le vang nie. Ra­de­mey­er-hul­le het ge­meen hul­le sou die vyf la­ter weer daar kry. Die wind het eg­ter ge­draai en die ge­bied het uit­ein­de­lik vier dae lank ge­brand.

Co­dy soos hy nou lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.