‘Dis ’n klomp ge­raas oor niks’

Beeld - - Nuus -

Die span­ning tus­sen die VSA en Noord­Ko­rea is “’n klomp ge­raas oor niks”.

Die groot pro­bleem is eer­der die on­voor­spel­baar­heid van pres. Do­nald Trump van die VSA, sê prof. Ian Lie­ben­berg, di­rek­teur van die sen­trum vir mi­li­tê­re s­tu­dies van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Lie­ben­berg sê hy sou be­kom­merd ge­wees het oor die si­tu­a­sie as lan­de soos C­hi­na, Rus­land en In­dië, wat na­by Noord­Ko­rea is, “op en af be­gin spring het” oor die si­tu­a­sie in Noord­Ko­rea as daar reg­tig ’n be­drei­ging was.

“Die A­me­ri­ka­ners voel al­tyd be­dreig en dit is al lank­al dui­de­lik dat hul­le Noord­Ko­rea wil dis­si­pli­neer.”

C­hi­na, Noord­Ko­rea se groot buur­man, hand­haaf in dié sta­di­um ’n lae pro­fiel oor Noord­Ko­rea en sy lei­er, Kim Jong­oen.

Lie­ben­berg sê Noord­Ko­rea het nie baie kern­wa­pens nie.

Die Noord­Ko­re­a­ne het vol­gens hom ook nie reg­tig die ver­moë om dié wat hy het, “af te le­wer nie”.

Prof. An­to­ni van Nieu­w­kerk van Wits, ’n ken­ner van in­ter­na­si­o­na­le po­li­tiek, sê “die si­tu­a­sie lyk dié keer erns­tig”.

Die on­ver­moë van die in­ter­na­si­o­na­le ge­meen­skap om die A­me­ri­ka­ners en Noord­Ko­re­a­ne met me­kaar te laat praat, “ver­hoog die tem­pe­ra­tuur en die moont­lik­heid van ’n be­perk­te oor­log”.

Van Nieu­w­kerk dink nie so ’n oor­log sal die snel­ler wees vir die Der­de Wê­reld­oor­log nie.

As daar kon­flik is, sal dit wees tus­sen Suid­Ko­rea, die VSA en moont­lik ook Ja­pan as bond­ge­no­te teen Noord­Ko­rea, wat op sy eie sal wees.

“Trump is die ver­keer­de ou om die tem­pe­ra­tuur af te bring. Hy ver­hoog dit eer­der,” sê Van Nieu­w­kerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.