Twee met sel­foon­spoor ge­jag ná Wie­se se dood

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Op die dag wat sy fa­mi­lie, vrien­de en sa­ke­ken­nis­se hul­de aan hom ge­bring het, is E­ric Wie­se (80), voor­ma­li­ge fi­nan­si­ë­le hoof van Nas­pers, se twee ver­meen­de moor­de­naars in heg­te­nis ge­neem.

Vol­gens bron­ne met ken­nis van die on­der­soek het speur­ders van die po­li­sie in Kaap­stad se in­tel­li­gen­sie-af­de­ling in­lig­ting op­ge­volg wat hul­le na Gu­gu­le­tu ge­lei het. Twee men­se, een glo ’n vrou, is gis­ter daar in heg­te­nis ge­neem.

Wie­se is ver­le­de Vry­dag in sy huis in Hig­go­va­le, Kaap­stad, ver­moor.

Wie­se se sel­foon is vol­gens die bron­ne ge­steel.

Die spoor van die sel­foon is tot in Gu­gu­le­tu ge­volg.

Dit is hier waar Wie­se se ver­meen­de moor­de­naars gis­ter tus­sen 15:00 en 16:00 in heg­te­nis ge­neem is.

Kapt. F­re­de­rick van Wyk, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, kon gis­ter nie be­ves­tig of daar wel men­se in heg­te­nis ge­neem is nie.

An­dri Wie­se (50), Wie­se se oud­ste seun, het wel be­ves­tig dat die po­li­sie ge­sê het dat men­se in heg­te­nis ge­neem is.

“Wie die men­se is, weet ons nie.

“Ons weet nie of dit die men­se is wat my pa dood­ge­maak het of dalk men­se is in wie se be­sit die po­li­sie van die ge­steel­de goed ge­kry het nie.”

Hy het ge­sê die po­li­sie het ge­sê hul­le sal van­dag ver­der met die Wie­se-fa­mi­lie praat.

■ Vrien­de en fa­mi­lie het Wie­se gis­ter op ’n ge­denk­diens in die Groo­te Kerk in Kaap­stad be­skryf as ’n men­se­mens, ie­mand wat om­ge­gee het vir an­der, ie­mand wat ge­luis­ter het en ’n per­soon wat el­ke sent twee keer, en selfs drie keer, kon om­draai.

Hel­gaard Rau­ben­hei­mer, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van boek­han­del by Nas­pers, het na­mens Ton Vos­loo, voor­ma­li­ge Nas­pers-voor­sit­ter, ’n hul­de­blyk aan Wie­se ge­bring.

Vos­loo het in sy hul­de­blyk ge­sê “dit is moei­lik om toe­rei­kend oor E­ric te praat, want E­ric se ska­du het wyd ge­val”.

“Sul­ke kol­le­gas het Nas­pers ge­bring tot waar die maat­skap­py van­dag staan.

“Daar­die pres­ta­sie is gro­ten­deels ge­ves­tig op die ka­li­ber van ’n E­ric Wie­se.”

Fo­to: VERSKAF

E­ric Wie­se, voor­ma­li­ge fi­nan­si­ë­le hoof van Nas­pers, is ver­le­de week in sy huis in Hig­go­va­le, Kaap­stad, ver­moor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.