Ou­ers soek nou nu­we ad­vo­kaat

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

Die ver­hoor van die ou­er­paar van Bloem­spruit wat daar­van aan­ge­kla word dat hul­le hul twee kin­ders mis­han­del en dat die ma haar 11-ja­ri­ge dog­ter vas­ge­druk het so­dat mans haar kan ver­krag, is tot la­ter van­dees­maand uit­ge­stel.

Hul­le gaan nou waar­skyn­lik elk­een ’n eie regs­ver­teen­woor­di­ger kry na­dat adv. Pie­ter Nel van Regs­hulp Suid-A­fri­ka hom op hul aan­drang van­dees­week as hul regs­ver­teen­woor­di­ger ont­trek het.

Su­net­te Kru­ger het gis­ter voor waar­ne­men­de reg­ter­pre­si­dent Cag­ney Mu­si ge­sê Regs­hulp SuidA­fri­ka is steeds be­reid om die eg­paar te help. Twee regs­ver­teen­woor­di­gers in pri­va­te prak­tyk gaan ge­vra word om vir hul­le op te tree. Regs­hulp SuidA­fri­ka sal daar­voor be­taal.

Die re­kord van die hof­ver­rig­tin­ge tot dus­ver moet ook ge­tik word so­dat dié twee regs­ver­teen­woor­di­gers dit kan be­stu­deer.

Die eg­paar se dog­ter (nou 13) het van­dees­week teen haar ou­ers be­gin ge­tuig toe die hof­ver­rig­tin­ge eers ge­staak moes word om­dat die ou­ers nie meer met hul regs­ver­teen­woor­di­ger te­vre­de was nie.

Die eg­paar staan op 13 ver­skil­len­de aan­klag­te oor die be­weer­de ge­beu­re van 2012 tot 2015 te­reg. Hul­le ont­ken skuld.

Reg­ter Mu­si het hul­le vroe­ër ge­waar­sku dat hul­le op geen wy­se met hul dog­ter of seun (nou 10) in ver­bin­ding mag tree nie. Die kin­ders is in ’n jeug­s­org­sen­trum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.