12­ja­ri­ges kry kon­do­me by hul skool

Nu­we be­leid skop da­de­lik in

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Leer­lin­ge van 12-ja­ri­ge ou­der­dom af sal eers­daags man­li­ke en vrou­li­ke kon­do­me by sko­le kan kry. Ge­woon­lik is 12-ja­ri­ges nog in gr. 6 in die la­er­skool.

Toe­gang tot kon­do­me is deel van die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys se nu­we be­leid oor die be­stry­ding van MIV/vigs, an­der sek­su­eel oor­draag­ba­re siek­tes en tu­ber­ku­lo­se (TB) by sko­le.

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die de­par­te­ment, sê daar word da­de­lik be­gin om die be­leid toe te pas.

“Die be­skik­baar­stel­ling van kon­do­me sal die laas­te fa­se wees. Die pri­o­ri­teit is op­voe­ding oor hier­die kwes­sies. Daar sal eer­stens ko­mi­tees ge­stig word wat na al die pro­vin­sies sal reis en sko­le in­lig oor die kwes­sies wat die be­leid pak,” sê Mhlan­ga.

Lui­dens die be­leid sal man­li­ke en vrou­li­ke kon­do­me saam met in­lig­ting be­skik­baar wees vir leer­lin­ge van 12 jaar oud of ou­er. Sko­le sal be­sluit oor die be­stuur, ver­sprei­ding en ber­ging van kon­do­me.

Dr. Ja­co De­a­con, ad­junk­hoof van die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as), sê dit is nie nood­wen­dig ’n sleg­te i­dee om kon­do­me by sko­le be­skik­baar te stel nie, maar dit sal baie goed be­stuur moet word.

“Die in­set­te van die skool­ge­meen­skap gaan baie be­lang­rik wees om te be­paal hoe dit ge­doen moet word.”

Hy sê dit moet ge­paard­gaan met om­vat­ten­de op­voe­ding.

“Die ou­ers gaan ook be­trek moet word, want dit is eint­lik hul ver­ant­woor­de­lik­heid om hul kin­ders oor sek­su­e­le ge­sond­heid en vei­lig­heid op te voed.”

Hy sê dit sal nie help as daar net kon­do­me in die sko­le se bad­ka­mers ge­sit word nie. “As jy weer sien, breek ’n wa­ter­bal­lon­ge­veg on­der die seuns uit.”

Dirk Vil­joen, voor­sit­ter van die be­heer­lig­gaam van die La­er­skool Louw Gel­den­huys in Jo­han­nes­burg, sê hul­le het nog nie ’n amp­te­li­ke ken­nis­ge­wing oor die nu­we be­leid ont­vang nie.

“Ons sal dit wel goed han­teer wan­neer die nu­we be­leid in­ge­stel moet word en sal al die ou­ers en be­trok­ke­nes in die skool­ge­meen­skap raad­pleeg.”

Dr. El­ma­ri Mul­der Craig, ’n Eu­ro­pees ge­re­gis­treer­de sek­su­o­loog en voor­ma­li­ge pre­si­dent van die Sui­der-A­fri­kaan­se Ver­e­ni­ging vir Sek­su­e­le Ge­sond­heid, het vroe­ër ge­sê kon­do­me moet by sko­le be­skik­baar wees.

“Ek weet men­se sal sê dit sal seks aan­moe­dig. Dis dít of dit is on­be­skerm­de seks. Die skool se be­ra­der of voor­lig­ting­siel­kun­di­ge kan dit aan die leer­lin­ge gee as dit ge­vra word en dan daar­mee saam die no­di­ge raad gee.”

Sy sê leer­lin­ge moe­nie net ge­leer word dat daar iets soos voor­be­hoe­ding is nie, maar ook hoe om dit te ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.