Boek­hou­er se lyk in Vaal­ri­vier ge­kry

Beeld - - Nuus - – Je­an­nel­le G­rey­ling

Die lyk van Ger­rie van Rens­burg (60), ’n boek­hou­er van Wol­ma­rans­stad, is Don­der­dag­mid­dag in die Vaal­ri­vier na­by Leeu­do­ring­stad in Noord­wes ge­kry. Hy het Dins­dag ver­mis ge­raak.

Van Rens­burg se fa­mi­lie het glo ver­moed hy is in die ri­vier toe hul­le sy mo­tor langs sy ri­vier­huis na­by Leeu­do­ring­stad kry.

Daar was geen te­ken van hom nie be­hal­we voet­spo­re na die ri­vier.

’n Ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek is ge­o­pen. Geen mis­daad word ver­moed nie.

Van Rens­burg se skoon­sus­ter, Re­tha, sê “ons en die po­li­sie ver­moed hy het sy ba­lans ver­loor, in die wa­ter ge­val en ’n hart­aan­val ge­kry weens die koue wa­ter”.

Hy word deur sy kin­ders, E­vert (30) en Loet (29), en sy sus­ter en broer, Chris­tien (67) en E­vert (58), oor­leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.