Kroeg gaan sluit ná moord op 2

‘Ze­bra Inn was S­wa­zi se trots’

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Die kroeg waar Jo­hann Bo­tha (53), TV-re­gis­seur van Car­te Blan­che en 50/50-aan­bie­der, en Wer­ner “S­wa­zi” Perch­told (73) ver­moor is, gaan bin­ne­kort sy deu­re sluit.

Die Ze­bra Inn-weg­neem­re­stau­rant en kroeg in Jep­pe­stown, Jo­han­nes­burg, sal vol­gens Lu­cil­le Ga­briels (50), Perch­told se le­wens­maat en ven­noot, bin­ne­kort sy deu­re per­ma­nent sluit.

“Dit is vrees­lik hart­seer, want hier­die kroeg was ’n huis weg van die huis vir baie men­se. Die Ze­bra Inn was S­wa­zi se trots. Jo­hann het al­tyd hier aan­ge­kom en sy skoe­ne uit­ge­skop en daar­die twee kon aan­de om pot­bal speel. Nou gaan die deu­re sluit en ek is ra­de­loos. S­wa­zi sou wou hê die kroeg moet oop­bly,” sê Ga­briels.

Sy sê die ek­se­ku­teur van Perch­told se boe­del het ’n paar we­ke ge­le­de ’n brief af­ge­laai wat die sleg­te ty­ding ge­bring het.

“Dit is jam­mer, want ek is nie se­ker wat nou met die plek gaan ge­beur nie. Ek weet nie eens wan­neer dit amp­te­lik gaan sluit nie. S­wa­zi se kin­ders han­teer die boe­del.”

Ga­briels, wat 11 jaar lank aan Perch­told se sy was, sê die kroeg het ook aan tal­le men­se werk verskaf.

Sy sê tal­le ge­reel­de be­soe­kers aan die Ze­bra Inn is om­ge­krap dat een van hul guns­te­ling­wa­ter­ga­te bin­ne­kort gaan sluit.

“Toe S­wa­zi en Jo­hann dood is, het ons uit al­le oor­de me­de­lye ont­vang. ’n Joer­na­lis van Ne­der­land het selfs ’n ar­ti­kel as ’n hul­de­blyk ge­skryf oor die Ze­bra Inn. Dit is ’n tra­ge­die dat dit so moet ein­dig, ver­al om­dat S­wa­zi sou wou hê die Ze­bra Inn moet nog lank oop­bly.”

On­danks die hart­seer­nuus, sê Ga­briels hul­le be­plan ’n groot par­ty­tjie om vir ou­laas van die Ze­bra Inn af­skeid te neem.

■ Bo­tha en Perch­told is op 7 Ju­nie in dié kroeg dood­ge­skiet.

N­ko­siy­a­zi P­hun­gu­la (27), N­to­be­ko Hlats­wa­yo (32) en T­hem­bi Ma­set­hem­be M­ba­tha (19) staan te­reg op twee aan­klag­te van moord, die be­sit van ’n vuur­wa­pen en roof.

Fo­to: WIKUS DE WET

Lu­cil­le Ga­briels met Wer­ner “S­wa­zi” Perch­told se hoed. Perch­told en Jo­hann Bo­tha, be­ken­de om­roe­per en joer­na­lis, is op 7 Ju­nie in die Ze­bra Inn­weg­neem­re­stau­rant en kroeg in Jep­pe­stown ver­moor.

Jo­hann Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.