365 dae vir re­spek no­dig

Beeld - - Kommentaar -

Voeg Vrou­e­dag e­nig­sins waar­de toe as kin­ders groot­word in hui­se waar men­se me­kaar af­skeep en hul­le nie be­wus ge­maak word van e­tie­se en mo­re­le waar­de­stel­sels nie?

Te veel dood­ge­wo­ne, wer­ken­de vroue neem steeds ’n min­de­re rol in by die werk­plek en tuis. Maak tee, maak kos, bring eet­goed, want “dis wat vroue doen”. Dan is daar dié wat hul pas­sie uit­leef en in die pro­ses mans saam met hul­le e­man­si­peer. Ja, ’n mens kan rol­le om­ruil en niks oor­kom nie, be­hal­we groei.

Ek wil in ’n land bly waar al­le men­se se reg­te ge­re­spek­teer word, waar ’n mens kan peil trek op die woor­de van ’n staats­re­de waar­in vrou­e­reg­te pri­o­ri­teit kry én waar die wet daar­vol­gens toe­ge­pas word.

Jy het nie ’n va­kan­sie­dag no­dig om daar­oor te be­sin nie.

My ma het re­spek af­ge­dwing, want sy het dit deur daad en woord ver­dien. Wan­neer ge­sin­ne be­hoor­lik funk­si­o­neer, funk­si­o­neer die sa­me­le­wing. Geen va­kan­sie­dag om vroue te eer is no­dig bin­ne ’n ge­son­de ge­meen­skap nie.

Reik uit na jou buur­vrou, kry jou seun be­trok­ke by die huis­hou­ding, leer jou dog­ter om haar lig­gaam lief te hê net soos sy is, maak se­ker jou kin­ders is be­wus van op­of­fe­ring wat vroe­ë­re ge­ne­ra­sies moes maak, ver­al waar daar vroue was wat i­de­a­le moes prys­gee ter wil­le van haar ge­sin.

Ons het nie een dag no­dig daar­voor nie, maar 365 dae van el­ke jaar. Jy noem dit we­der­syd­se re­spek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.