Jo­zi kry dit nou een­maal nie reg nie

Beeld - - By - JO PRINS @Jo_Prins S­kets: HANLIE MALAN

Ek is mál oor Jo­han­nes­burg. My Kaap­se en Bo­land­se vrien­de dink dik­wels ek is gek, maar dié stad, dié Jo­zi, pas my soos ’n hand­skoen.

Die stad is ed­gy, lék­ker ed­gy, en die buurt waar­in ek bly, het ’n ge­moe­de­li­ke ver­val aan haar wat haar net ook daar op ’n mes­punt plaas.

Dié burg van Jo­han­nes pas my spe­si­fie­ke ste­de­lik bo­heem­se sen­ti­men­te – dik­wels só dat ek my soms ef­fe on­tuis in meer kon­ser­wa­tie­we mil­ieus voel.

Die plek­ke waar ons kui­er, het nooit net een kleur of geur nie . . . hel, ek dink in Mel­vil­le laat straig­ht men­se wat han­de vas­hou dees­dae die kop­pe draai en graf­fi­ti-kuns­te­naars verf die mu­re wit.

Maar as daar een ding van dié stad is, één ding wat my to­taal en al teen die mu­re uit­dryf, is dit die stads­va­ders se on­ver­moë om hul re­ke­ning­stel­sel on­der die knie te kry.

Jo­burg se bil­ling is ’n ge­mors – om dit baie sag­kens te stel.

Nou, ek en my vrou, ons het ’n hond en – met a­po­lo­gie aan Fran­cois van Co­ke en Ka­ren Zoid – ons het ’n hui­sie. Maar die Va­der al­leen weet, ons het skyn­baar nog nie ge­noeg ge­gee of ge­noeg ge­skree nie.

Al so­wat 15 jaar lank kan die stad dit nie reg­kry om ons re­ke­nin­ge reg te be­stuur nie.

Dus, soos baie men­se hier, het ons ge­woond ge­raak om maan­de­liks ’n to­ta­le thumb suck van ’n be­drag aan die raad te be­taal om dan la­ter te sien hul­le skuld ons iets, of an­ders­om.

Dié be­drag is nooit as­tro­no­mies nie en nog net twee keer het men­se kom dreig om (die reeds be­taal­de) krag­toe­voer te kom af­sny.

Daar ís na­tuur­lik ’n re­ke­ning aan­lyn wat ons maan­de­liks mo­ni­tor en vol­gens daai sy­fers be­taal, maar die aan­lyn ge­doen­te kan net so­wel ’n in­deks wees van die ei­er­prys in C­hi­na (die een hand weet ge­woon nie dat die an­der hand lank­al reeds ge­tjai­la het nie . . .).

Só ge­beur dit, so­wat ’n maand ge­le­de, dat ons wa­ter son­der waar­sku­wing af­ge­sny word.

Ek is heel toe­val­lig by die huis want dis net na­dat ek die kin­ders by die skool gaan haal het. Ek stap hek toe, straat se kant toe, om te kyk of iets met ons stop­kraan skort.

En hier tref ek twee ja­vels met “Jo­han­nes­burg Wa­ter”-bibs aan. Een het ’n clip­bo­ard – hy lyk be­slis en amp­te­lik – en die an­der kê­rel is be­sig om met ’n spe­si­a­le moer­sleu­tel ons kraan­tjie toe te draai.

Bei­de dié kê­rels is oog­lo­pend ag­gres­sief en dis dui­de­lik dat dié nie hul eer­ste on­der­on­sie van die dag is nie.

Die ge­neuk is, hul­le is kon­trak­teurs en dit help nie jy stry met een van hul­le of pro­beer iets aan hul­le ver­dui­de­lik nie.

Hul­le het ’n ly­sie waar­vol­gens hul­le exe­cu­te – men­se wie se wa­ter hul­le van­dag moet af­sny.

Ek stel my­self so di­plo­ma­ties moont­lik voor en vra wat aan­gaan. “Jou re­ke­ning is ag­ter­stal­lig; ons is ge­las om jou wa­ter af te sny.”

Gaaf, sê ek, maar ek het geen vo­ri­ge kor­re­spon­den­sie oor dié re­ke­ning nie, kan ek as­se­blief hul do­ku­men­ta­sie sien?

Die kê­rel met die clip­bo­ard oor­han­dig self­in­ge­no­me die “do­ku­men­ta­sie” aan my.

“Sien,” sê hy, “dis jou me­ter se reeks­nom­mer dáár . . . en ons sny hom nou af.”

Ek ver­ge­lyk die reeks­nom­mer op die re­ke­ning met die me­ter­nom­mer. “Ak­koord,” sê ek, “dis die nom­mer.”

Maar, sê ek vir die clip­bo­ard­kê­rel, dis nie my a­dres op die re­ke­ning nie. Dis ook nie my naam of re­ke­ning­be­son­der­he­de nie – ál wat hier oor­een­stem is die me­ter se reeks­nom­mer.

Die man kyk. “O,” sê hy, nou ef­fe min­der self­ver­se­kerd. Hy kyk na die groot man met die moer­sleu­tel – dié kyk net ver­leë te­rug.

En, as ek mag vra, sê ek vir die man, hoe­veel is ons dan nou kwan­suis ag­ter?

Nee, sê hy, R110 000.

Tot sy ver­ba­sing be­gin ek lag. Ek sê vir hom ons is twee vol­was­se­nes en twee jong kin­ders met ’n piep­klein swem­bad en dat ons ’n maand lank die he­le buurt sou moes wa­ter gee om daai re­ke­ning op te jaag.

Clip­bo­ard haal net sy skou­ers op. Hy sê ook ek moe­nie pro­beer om die kraan­tjie self oop te draai nie. “Daar is ’n R20 000boe­te of tronk­straf as jy uit­ge­vang word.”

En van hier af het din­ge be­gin ha­rig word . . .

Ek vra die man­ne op my mooi­ste Bo­land­se En­gels om hul ry te kry. “Want ek het ’n f ***** kraan­tjie om oop te kry.”

Daar­na moes ek 40 mi­nu­te lank aan­hou op die Stad Jo­han­nes­burg se hot­li­ne om ’n dis­puut te ver­klaar en ’n ver­wy­sings­nom­mer te kry.

“But don’t wor­ry, sir, we’ll send so­meo­ne to re­con­nect your wa­ter.”

Ons het da­rem net twee dae ge­wag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.