Dié mans net goed vir ’n slaai en braai

Beeld - - By - Erla Die­de­ricks

Rou is goed as dit kom by e­mo­sies. Rou is selfs goed as ’n werk­woord.

Maar die va­der weet, ’n rou ui is sleg­te nuus.

’n Mens eet nie ’n rou ui nie. Jy eet ’n ui eers as die erg­ste brand uit­ge­braai is in bot­ter, of ver­doe­sel is met a­syn en sout en pe­per.

Tog leer ek nooit uit my vo­ri­ge keel­brand, o­ë­tra­ne­ri­ge les­se nie. Wys my ’n ui, e­ni­ge ui – en ek moet daar­aan proe.

Dis ’n bran­den­de be­geer­te wat ek nooit kan weer­staan nie . . . Na­tuur­lik is al wat op die ou ein­de oor­bly van die be­geer­te – die brand.

Dis die­self­de met mans. Jy sê al­tyd vir jou­self: ’n Mens weet nooit nie, dalk is dié een an­ders . . .

My ui-aan­slag tot die le­we skryf ek toe aan die feit dat ek ’n ro­man­ti­kus is.

An­der sou fluis­ter dis eer­der om­dat ek blond is of dalk dom. Jou ui, man.

Ek dink dis ro­man­ties dat ek el­ke keer bly hoop en glo dat hier­die een ui an­ders gaan proe en my nie sal te­leur­stel nie.

Drie dae ná my vyf­tig­ste ver­jaar­dag is ek be­sig om kof­fie te maak toe dit skie­lik my aan­dag trek.

’n Ui.

Klaar af­ge­skil en ’n ys­li­ke kwart daar­van nog oor. ’n Half­maan van ui-ver­lei­ding.

Tot op daar­die oom­blik het ek nog al­tyd klein vin­ger­na­el­stre­pies uie ge­ëet.

Hier­die stuk ui is groot. Dis die kaas van uie.

Dalk, dink ek. Dalk sal ’n gro­ter stuk rou ui be­ter proe as ’n klein­tjie.

Dis die­self­de denk­pro­ses as

. . . dalk as ek vyf­tig mans per week da­te, sal dit be­ter gaan.

Ek vat die groot stuk ui en druk dit in my mond.

Bui­te ver­vaag die blou lug en word al­les wa­sig wit. Ui wit. My oë be­gin traan.

Die bit­ter brand in my keel wil nie wyk nie. Die bit­ter bly brand en ver­sprei na my brein.

Ek spoeg die half ge­kou­de ui uit, maar dis reeds te laat. Ek is naar.

Dis toe dat ek dit fi­naal be­sef. Dis ’n stu­pid i­dee om ’n rou ui te eet.

Uie is eg­ter nie die e­nig­ste kom­pul­sie­we ge­woon­te wat ek – of an­der men­se – het nie.

Daar is die men­se wat el­ke keer dink: Wel, dié keer sal ek nie ’n han­go­ver kry nie.

Ha. Ha.

Daar is die son­brand-ui-sin­droom: Ag, ek is se­ker dié keer sal ek nie stuk­kend brand as ek nie son­be­sker­mings­room aan­smeer nie.

Ek sal nie dié keer seer­kry nie.

Ek sal nie dié keer my vin­gers ver­brand nie.

Ek sal nie dié keer my maai sien nie.

Wat my bring by die prag­ti­ge i­ro­nie van die ui.

Die ui, net soos die waar­heid, het lae. Met el­ke laag wat jy ver­wy­der, kom jy na­der aan die kern.

En hier is die waar­heid:

’n Ui gaan jou m**r toe brand as jy dit rou eet.

En e­ni­ge man wat met ’n dik vel kom wat jy in lae moet af­skil, is net goed vir twee din­ge: ’n slaai en ’n braai.

Erla Die­de­ricks is ’n re­dak­sie­lid van Net­werk24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.