Tyd saam met kleu­ters maak be­jaar­des jonk

Om op die grond te lê en soos ’n leeu te brul kan won­de­re vir ’n be­jaar­de man se wel­syn ver­rig, skryf en

Beeld - - By -

DMel­ro­se S­tewart

is nie ’n we­ten­skap­li­ke feit nie, maar een van die ver­ras­sen­de en on­ver­geet­li­ke oom­blik­ke wat ons waar­ge­neem het ter­wyl ons ’n te­le­vi­sie­pro­gram ge­maak het waar­in ’n groep kleu­ters aan die in­wo­ners van ’n af­tree­oord be­kend ge­stel is.

Die twee e­pi­so­des van Old Pe­op­le’s Ho­me for 4 Ye­ar Olds het ten doel ge­had om die toe­ne­men­de af­son­de­ring van ou­er men­se in ons ge­meen­skap­pe te on­der­soek.

Daar is reeds ge­toon die im­pak van jong kin­ders wat dag­s­org­ge­rie­we met ou­er men­se deel, is oor die al­ge­meen po­si­tief.

Maar dit was die eer­ste keer dat ’n eks­pe­ri­ment in B­rit­tan­je on­der­neem is om die im­pak van in­ter­ak­sie tus­sen ge­ne­ra­sies op die ge­sond­heid en ge­luk van die ou­er groep te meet.

Vir die doel­ein­des van die eks­pe­ri­ment is 10 vier­ja­ri­ge kin­ders en 11 be­jaar­des in hul laat 80’s vir ses we­ke in ’n nu­we kin­der­ka­mer in ’n af­tree­ge­meen­skap in die stad B­ris­tol by­een­ge­bring.

Voor­dat ons be­gin het, is me­tings van die be­jaar­de deel­ne­mers se denk­pro­ses­se, ge­moed en de­pres­sie­vlak­ke ge­doen, as­ook van hul lig­gaam­li­ke ver­mo­ëns soos ba­lans en die tyd wat dit hul­le neem om op te staan en te loop.

Hier­die me­tings is weer ná drie we­ke ge­doen en weer aan die ein­de van die pro­gram van ses we­ke.

Die pro­gram het be­staan uit ’n tyd­roos­ter met ak­ti­wi­tei­te waar­in die twee ge­ne­ra­sies tyd en ruim­te ge­gun is om op fi­sie­ke en so­si­a­le ge­bied met me­kaar te in­ter­re­a­geer. Dit het spe­le­tjies in­ge­sluit, waar­ty­dens soms van in­di­vi­due ver­wag is om vloer toe te sak en op te staan, in die bui­te­lug te loop, piek­niek te hou en aan ’n ver­skei­den­heid van hand­werk- en kuns­ak­ti­wi­tei­te bin­nens­huis deel te neem. Die fi­na­le week het ook ’n sport­dag en ’n kort te­a­ter­pro­duk­sie in­ge­sluit.

Ná drie we­ke, die half­pad­merk, was daar ’n merk­ba­re ver­be­te­ring in die in­wo­ners se tel­lings. Fi­na­le me­tings het ’n merk­ba­re ver­be­te­ring in die mees­te tel­lings ge­toon en 80% van die in­wo­ners het ’n ver­be­te­ring ge­toon in die tyd wat dit hul­le neem om op te staan en te loop.

G­reep­sterk­tes het oor die al­ge­meen ver­be­ter en ak­ti­wi­teittel­lings het ge­toon in­wo­ners het toe­ne­mend ak­tief ge­raak. Op die sport­dag het ’n vrou, wat nie kon ont­hou wan­neer laas sy ge­hard­loop het nie, saam met haar vier­ja­ri­ge span­maat ge­na­el om hul me­de­din­gers te klop.

Aan die be­gin van die eks­pe­ri­ment is by­kans al die in­wo­ners as de­pres­sief ge­ï­den­ti­fi­seer, van wie twee erns­tig was. Ná ses we­ke was nie een van hul­le de­pres­sief nie. Hul­le het heel­te­mal ver­an­der wat hul uit­kyk op die le­we en hul hoop vir die toe­koms be­tref.

Selfs die mees skep­tie­se lid van die groep, wat ge­sê het “ek kan nie in­sien dat dit ’n groot ver­skil aan ons gaan maak nie”, het er­ken dat die kin­ders “groot vreug­de” ge­bring het.

Lig­ter ge­moe­de­re Mal­colm John­son.

Hier­die was nie ’n we­ten­skap­li­ke proef­ne­ming of ’n tra­di­si­o­ne­le a­ka­de­mie­se na­vor­sings­pro­jek nie.

Dit was ’n maat­skap­li­ke eks­pe­ri­ment waar­by ’n klein groe­pie men­se be­trek is. Maar die re­sul­ta­te het merk­ba­re ver­an­de­rin­ge in die in­wo­ners se lig­gaam­li­ke ver­mo­ëns en ge­moed ge­toon.

Wan­neer jy baie oud word, raak jy min­der be­weeg­lik, vrien­de sterf en jy kan nie uit­gaan om men­se te ont­moet nie. As jy in ’n sorg­sen­trum woon, is die per­so­neel die e­nig­ste jong men­se wat jy sien. Dit is hoe­kom de­pres­sie die e­pi­de­mie van be­jaard­heid is – en dis be­lang­rik dat ons hul­le die ge­leent­heid bied om jong men­se te ont­moet.

Kin­ders is oop­kop. Hul­le is mal oor aan­dag en stel in vol­was­se­nes be­lang. Te­ge­lyk leer kin­ders vaar­dig­he­de van vol­was­se­nes aan, dus is die in­ter­ak­sie tus­sen ge­ne­ra­sies we­der­ke­rig.

Ar­tri­tis kan nie vol­ko­me ge­nees word nie, maar jy kan ver­troue laat toe­neem en, met die hulp en aan­moe­di­ging van kin­ders, het ons ou­er men­se din­ge sien doen wat hul­le nooit ge­dink het hul­le sou weer doen nie – spring, dans en op die vloer rond­rol.

Dank­sy ons TV-pro­gram vind be­lang­ri­ke ont­wik­ke­lings plaas bin­ne die trust wat aan die pro­gram deel­ge­neem het. Kontak met die kin­ders en hul ge­sin­ne is aan­ge­moe­dig en word voort­ge­sit. Hul­le on­der­soek by­ko­men­de ma­nie­re om so­si­a­li­se­ring van die in­wo­ners met om­lig­gen­de ge­meen­skap­pe te ver­hoog. Daar is selfs plan­ne om ’n per­ma­nen­te crè­che in een van die trust se hui­se te bou.

Tal­le ou­er vol­was­se­nes leef de­pres­sie­we le­wens in af­son­de­ring, met hart­seer, ho­pe­loos­heid en ne­ga­tie­we ge­voe­lens jeens hul­self.

Hier­die eks­pe­ri­ment het ge­toon waar men­se die vi­sie van in­ter­ak­sie tus­sen ge­ne­ra­sies deel, is dit moont­lik om bin­ne ’n kort tyd ’n aan­sien­li­ke ver­be­te­ring in die wel­syn van ou­er men­se te weeg te bring.

Mel­ro­se S­tewart is ’n lek­tor in fi­si­o­te­ra­pie aan die U­ni­ver­si­teit van Bir­ming­ham en Mal­colm John­son ’n pro­fes­sor in ge­ron­to­lo­gie en le­wens­ein­de­sorg aan die U­ni­ver­si­teit van Bath. Die ar­ti­kel het op www.the­con­ver­sa­ti­on.com ver­skyn.

Aan die be­gin van die eks­pe­ri­ment is by­kans al die in­wo­ners as de­pres­sief gei­den­ti­fi­seer, van wie twee erns­tig. Ná ses we­ke was nie een van hul­le de­pres­sief nie.

Van die be­jaar­des en vier­ja­ri­ges wat deel­ge­neem het aan ’n eks­pe­ri­ment in die TV­pro­gram Old Pe­op­le’s Ho­me for 4 Ye­ar Olds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.