Gelds­lim vroue sê wat hul eie groot­ste fou­te is

Be­lang­rik om te ont­hou dat ’n man nie reg­tig ’n plan is nie

Beeld - - Sake - HANLIE STADLER

Selfs slim vroue in die be­leg­gings­be­dryf moes maar op die moei­li­ke ma­nier leer om hul eie geld­sa­ke te be­har­tig.

Dít het ons ag­ter­ge­kom toe ons ge­sie­ne be­leg­gings­kun­di­ges van Coro­na­ti­on, Al­lan Gray, PSG, San­lam en an­der ge­vra het: “Wat is die groot­ste fout wat jy al met jou eie geld­sa­ke ge­maak het, en wat het jy uit­ein­de­lik daar­uit ge­leer?”

Hier is hul les­se.

Kirshni To­ta­ram, in­ter­na­si­o­na­le hoof van Coro­na­ti­on se in­sti­tu­si­o­ne­le be­dry­wig­he­de:

Een fout wat ek ge­maak het toe ek pas be­gin werk het, was om in te gee aan die ver­soe­king van win­kel­kaar­te. Dit was ver­lei­de­lik om kle­re en skoe­ne wat ek nie kon be­kos­tig nie, op kre­diet te koop.

Maar die ren­te­koers op dié re­ke­nin­ge is he­mel­hoog. Saam­ge­stel­de ren­te be­gin vin­nig teen jou werk en uit­ein­de­lik kos die ar­ti­kels jou on­ge­loof­li­ke be­drae. (En teen die tyd dat ek dit af­be- taal het, was die skoe­ne dik­wels al stuk­kend of uit die mo­de!)

Win­kel­kaar­te kan ’n mens mak­lik in ’n kre­diet­ver­sla­wing dom­pel. Oor die ja­re het ek ge­leer om ge­dul­dig te wees, te spaar, reg te be­lê en die goed wat ek reg­tig graag wil hê, kon­tant te koop.

Na­ta­sha Nar­singh, hoof van ab­so­lu­te op­brengs by San­lam In­ves­t­ment Ma­na­ge­ment:

My groot­ste les was dat ek aan die be­gin van my loop­baan al­les be­stee het wat ek ver­dien het, so­veel so dat ek na­by die maand­ein­de die dae af­ge­tel het tot die vol­gen­de sa­la­ris­tjek, en my droog­te­spaar­geld moes my deur­trek.

Vir die eer­ste paar jaar het ek ge­glo ek is te jonk om te dink oor spaar vir la­ter en dat dit ná al die ja­re van ver­be­te s­tu­dies om­trent tyd was dat ek my­self “be­derf” met my in­kom­ste.

Ja, ek het ge­weet van die mag van saam­ge­stel­de ren­te, maar vir my was daar mos baie tyd.

Ek het ge­leer dat die tyd nie reg­dok­ter nie! Hoe gou­er jy be­gin be­lê, hoe ge­son­der is jou toe­koms­ti­ge fi­nan­si­ë­le ge­sond­heid.

A­net A­hern, uit­voe­ren­de hoof van PSG As­set Ma­na­ge­ment:

Die groot­ste fout wat ek ge­maak het, was om nie vroeg al in aan­de­le­fond­se te be­lê nie – maak nie saak hoe min nie, as jy oor ’n lang tyd be­lê en in die mark bly, sal jy ver­baas wees hoe tyd en op­brengs­te vir jou kan werk.

Dink daar­aan as ’n lang­ter­myn­ge­skenk wat jy jou­self gee deur daar­die by­drae el­ke maand (ver­kies­lik per de­biet­or­der) óf ek­stra in jou pen­si­oen­fonds óf in ’n be­las­ting­vrye be­leg­ging óf in ’n ge­ba­lan­seer­de of aan­de­le­ef­fek­te­trust­fonds te be­lê.

Fi­nan­si­ë­le on­af­hank­lik­heid be­gin met die prys van ’n

“moet­hê”-top­pie of -skoe­ne wat jy eer­der spaar vir be­ter keu­ses la­ter in die le­we. Be­derf jou­self af en toe, vir se­ker! Maar kyk eers na jou lang­ter­myn­geld­sa­ke.

Kry ’n goeie ad­vi­seur en ’n goeie plan en moe­nie dat e­mo­sies en al­le­daag­se nuus jou sa­bo­teer nie. Je­a­net­te Ma­rais, ’n di­rek­teur van Al­lan Gray en hoof van ver­sprei­ding en kli­ën­te­diens:

Ek het des­tyds ná tien jaar by my eer­ste maat­skap­py be­dank en van werk ver­an­der. Ek het my pen­si­oen­uit­be­ta­ling na ’n be­wa­rings­fonds oor­ge­dra vir die toe­koms, maar dit ná twee jaar ont­trek om te ge­bruik as de­po­si­to op ’n huis.

As ek van­dag te­rug­kyk met die ken­nis wat ek nou het, weet ek dat dit ’n baie groot fout aan my kant was!

Dit is by­na on­moont­lik om ooit daar­die ver­lo­re ja­re en ver­lo­re saam­ge­stel­de ren­te van die eer­ste tien jaar in te haal.

Na­vor­sing toon dat ná 40 jaar die eer­ste tien jaar se by­dra­es meer werd is as die laas­te 30 jaar se by­dra­es saam . . . Dit laat my huis van­dag lyk na die duur­ste be­leg­ging ooit!

Ont­hou, ’n man is nie ’n plan nie. Dit is nie ’n fout wat ek self ge­maak het nie, maar wat ek al so­veel ke­re sien af­speel het.

Baie vroue dink dat hul man vir hul­le sal sorg in af­tre­de en hul­le maak dan geen voor­sie­ning van hul eie nie. Hul­le doen ook nie moei­te om te ver­staan wat in die ge­sin se geld­sa­ke aan­gaan nie.

Dié tak­tiek werk slegs as al­les goed gaan. As jou le­wens­maat skie­lik sterf of din­ge werk nie uit nie, moet jy weet wat aan­gaan in jou fi­nan­sies en moet jy van­dag al be­gin se­ker maak dat jy fi­nan­si­eel on­af­hank­lik kan funk­si­o­neer.

Maar waar be­gin jy?

Jy hoef nie groot te be­gin nie – sit R500 ’n maand in ’n be­las­ting­vrye be­leg­ging en ver­geet daar­van. Ná ’n paar jaar sal jy ver­baas wees oor wat jy al by­me­kaar kon maak.

Ne­ri­na Vis­ser, stra­teeg en ad­vi­seur oor beurs­ver­han­del­ba­re pro­duk­te by et­fSA:

Die groot­ste fi­nan­si­ë­le fout wat ek al ge­maak het – wat ge­luk­kig nie ’n be­son­der duur een was nie – was om aan­de­le in ’n maat­skap­py te koop op die “ad­vies” van ’n voor­ma­li­ge kol­le­ga (mag ek by­voeg, hy was in die fi­nan­si­ë­le­diens­te­be­dryf), net om la­ter uit te vind hy het aan­spo­rings ont­vang om die aan­de­le aan te be­veel en, wat meer is, hy het sy eie aan­de­le ver­koop na­dat hy die prys op­ge­druk het met sy ag­gres­sie­we “be­mar­king”.

Ge­luk­kig is dié soort ge­drag – wat in die laat 1990’s ge­beur het – nie meer toe­laat­baar nie dank­sy re­gu­la­sies van die Wet op Fi­nan­si­ë­le en Tus­sen­gan­ger­diens­te.

My fout was nie so­seer dat ek vir sy on­e­tie­se ge­drag ge­val het nie, maar dat ek my­self on­der druk laat plaas het deur iets te koop son­der dat ek ’n be­nul ge­had het waar­in ek my be­ge­we.

Hou in ge­dag­te, ek het reeds in die be­dryf ge­werk – ie­mand wat van be­ter moes ge­weet het! – en tog het ek toe­ge­laat dat ie­mand aan my ’n sto­rie “ver­koop” wat toe blyk ’n lieg­sto­rie te wees.

Dit het my ferm op die pad ge­plaas om te ver­staan wáárom ek in iets be­lê, eer­der as net wát ek koop.

Dis een van die re­des waar­om ek glo be­leg­gings moet ge­koop word, nie ver­koop word nie.

Ek glo in die op­voe­ding van my kli­ën­te so­dat hul­le ver­staan waar­om hul­le ’n be­paal­de be­leg­gings­op­los­sing be­no­dig, wat hul­le dan kan kies om te “koop”, eer­der as wat ek (of e­ni­ge an­der fi­nan­si­ë­le­diens­te­ver­skaf­fer) aan hul­le ’n be­leg­gings­pro­duk “ver­koop”.

Fo­to: ISTOCK

Na­ta­sha Nar­singh

Vir die eer­ste paar jaar het ek ge­glo ek is te jonk om te dink oor spaar vir la­ter.

A­net A­hern

Die groot­ste fout wat ek ge­maak het, was om nie vroeg al in aan­de­le te be­lê nie.

Kirshni To­ta­ram

Win­kel­kaar­te kan ’n mens mak­lik in ’n kre­diet­ver­sla­wing dom­pel.

Je­a­net­te Ma­rais

Ek het my pen­si­oen­geld ge­bruik as ’n de­po­si­to op ’n huis.

Ne­ri­na Vis­ser

Ek het on­der druk iets ge­koop waar­van ek niks ge­weet het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.