Vlieg na O­sa­ka vir Ki­o­to­reis

Beeld - - Leefstyl -

VRAAG:

Ter vie­ring van ons 30ste hu­we­liks­her­den­king in No­vem­ber het my we­der­helf voor­ge­stel ons moet na die tal­le wê­reld­er­fe­nis­ter­rei­ne in Ki­o­to, Ja­pan, gaan kyk. Hy kan slegs vir ’n week weg­breek van die werk. Tyd is on­ge­luk­kig geld. Dis lang vlug­te daar­heen en ons sal ge­volg­lik slegs vier nag­te daar kan wees. Ek wil die tyd uit­koop. Net die bes­te ver­blyf sal doen, maar ons moet wel op die vlug­te pro­beer spaar (’n mens slaap in elk ge­val die mees­te van die tyd) – so­lank die vlug nie weens die be­spa­ring veel lan­ger gaan duur nie. Kan jy help, as­se­blief? Ek het nie in­lig­ting no­dig oor Ki­o­to nie; daar­voor het ek ge­noeg reis­gid­se ge­koop. – Mev. Pot­gie­ter, P­re­to­ria­Oos

ANTWOORD:

Pleks van om na To­kio te vlieg en die snel­trein ver­by die berg Foedji te vat, kan jy ook vlieg na O­sa­ka, so­wat 75 mi­nu­te se ry van Ki­o­to af.

’n Voor­deel daar­van om in die Hy­att Re­gen­cy Kyo­to te oor­nag, is dat dit ge­reel­de rit­te na die lug­ha­we in O­sa­ka met die ho­tel se mi­ni­bus bied. Jy hoef jou dan nie te be­kom­mer oor of jy by die reg­te plek gaan uit­kom nie.

Ek kan nou­liks aan ’n plek dink wat be­ter aan jul be­hoef­tes sal vol­doen as dié vyf­ster­ho­tel wat so­wat R5 000 per nag kos.

Die ruim, stil ka­mers met hul ge­stroop­te in­te­ri­eur (ti­pies mo­dern-Ja­pans) bied ’n heen­ko­me in die oud­hoof­stad van dié land. Laat jou pam­per­lang in die Ri­ra­koe-spa met ’n sji­at­soe- (“vin­gerd­ruk”) mas­se­ring­ses­sie ná die lang vlug. Dit ver­rig won­de­re om nu­we le­we in jou vlug­voos lyf te blaas voor­dat jy Ki­o­to se ryk his­to­rie­se er­fe­nis bin­ne­stap.

Dit gaan jou waar­skyn­lik min­der kos om daar te kom as wat jy ver­wag het! Ver­skeie lug­diens­te bied vlug­te vir rond­om R10 000, maar dit be­te­ken ui­ter­aard lan­ger vlieg­tyd en meer stop­pe.

He­laas is daar nie di­rek­te vlug­te nie – dis gans te ver.

Jy noem nie wan­neer jul­le pre­sies in No­vem­ber daar wil wees nie, maar vir jul doel­ein­des kan Cat­hay Pa­ci­fic via Hong­kong, Sin­ga­po­re Ai­r­li­nes en van die Mid­de-Oos­ter­se lug­diens­te soos Qa­tar en E­mi­ra­tes moont­lik­he­de wees teen tus­sen R12 000 en R14 000 per per­soon.

As man­lief sy sak wil skud vir die drie de­ka­des wat jul­le by­me­kaar is, kan jul­le ui­ter­aard op­gra­deer na ’n ge­rief­li­ker klas.

Ge­niet Ki­o­to! Dis ’n be­son­de­re be­stem­ming en een van my guns­te­ling­ste­de. Ek glo dit sal jul har­te ook steel. Voor­spoed vir nog 30 jaar saam.

Fo­to: JENS F­RI­IS

Tra­di­si­o­ne­le drag word nog ge­reeld ge­sien in Ki­o­to, Ja­pan, waar dit met trots ge­dra word. Hoe­wel Ja­pan­ners taam­lik te­rug­ge­trok­ke is, is hul­le vrien­de­lik en be­hulp­saam, hoe­wel nie al­mal En­gels kan ver­staan nie.

Jens F­ri­is REIS SAAM MET JENS Vra ge­rus

S­tuur jou reis­vrae aan: jens.f­ri­is@me­dia24.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.