Leer om jou hond vir skou­wê­reld af te rig

Beeld - - Leefstyl -

In Via (DStv-ka­naal 147) se nu­we werk­lik­heids­reeks ver­ken ons die wê­reld van drie hon­de­af­rig­ters wat baie tyd en geld aan hul hon­de be­stee. Hul­le help nu­we af­rig­ters om die hon­de­skou­wê­reld be­tree. Ons ge­sels met die af­rig­ters Ja­pie Nel, Rie­kie Er­wee en Cobus Mey­burgh oor Die top-hon­de wat op 17 Au­gus­tus om 17:30 op Via be­gin.

Ver­tel ons oor jou hond in die pro­gram.

Rie­kie: Sy naam is Dan­ny en hy is ’n ses­ja­ri­ge shih tzu. Hy is deur en deur ’n skou­hond. Hy is baie lief vir men­se en an­der hon­de. Hy is ook lief vir eet en is mal oor hon­de­koe­kies.

Cobus: My hond is ’n 15 maan­de oue wei­ma­ra­ner, Nin­ke. Haar ge­re­gis­treer­de naam is ‘Ga­te­beau­ti­ful Im­pe­ri­um S­tar’.

Ja­pie: Ek het ver­skeie hon­de. My hoof­hond is Lo­gan, wat nou twee jaar oud is. Lo­gan is baie vrien­de­lik en spe­le­rig soos dit maar is met baard­kol­lies.

Jul­le is al drie hon­de­af­rig­ters in die pro­gram – hoe lank neem dit vir ’n hond om al­les te leer ter voor­be­rei­ding van ’n skou? Rie­kie: Dit vat ja­re. Som­mi­ges leer na­tuur­lik vin­ni­ger.

Cobus: Ek be­gin 10 mi­nu­te per dag as die hond se­we tot agt we­ke oud is. As die din­ge vas­ge­lê is so ná ’n jaar, dan stof jy hul­le net af voor die skou. Mis­kien so twee keer oe­fen in die week voor die skou, dis al.

Ja­pie: Hul­le be­gin leer wan­neer hul­le ba­ba­hond­jies is en die leer­pro­ses hou nooit op nie.

Wat­ter raad het jy vir an­der hon­de­ei­e­naars wat ook graag in dié be­dryf wil kom?

Rie­kie: Dis nie so mak­lik soos wat dit lyk nie. Dus is dit be­lang­rik

om te leer, leer en leer! Dis har­de werk en verg ge­wel­dig baie toe­wy­ding. Jy pluk die vrug­te van jou har­de werk.

Cobus: Maak se­ker dit bly ’n stok­perd­jie en dit bly pret. Moe­nie skoue, die men­se of e­nig­iets an­ders te erns­tig op­neem nie. Ge­niet dit net en kry vir jou ’n men­tor, ie­mand wat baie van jou hon­de­ras af weet. Vra vir raad oor hoe ’n goeie hond moet lyk en leer so­veel as moont­lik.

Wat was die lek­ker­ste er­va­ring uit hier­die reeks vir jou?

Rie­kie: Dit was on­ge­loof­lik lek­ker en men­se het my hon­de­ras leer ken. Ek het nu­we men­se leer ken en my droom het ’n werk­lik­heid ge­word.

Cobus: Ek het daar­van ge­hou om saam met al die men­se op die stel te werk. Ag­ter die skerms was dit ver­al vir my baie in­te­res­sant. Dis lek­ker om deel te wees van ’n ont­wik­ke­len­de sto­rie en om so bie­tjie van jou eie kre­a­tie­we by­drae te kan le­wer.

■ Nu­we e­pi­so­des van Die top­hon­de wys van­af 17 Au­gus­tus el­ke Don­der­dag om 17:30 met her­uit­sen­dings op Son­dae om 14:00.

Cobus Mey­burgh, Rie­kie Er­wee en Ja­pie Nel is saam met hul hon­de­kin­ders die ster­re van Die top­hon­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.