Laat a­dre­na­lien in jou are bruis

Beeld - - Leefstyl -

Be­ne­wens groot­voe­te soek, is daar tal­le ak­ti­wi­tei­te om die Ad­do­o­li­fant­park wat die a­dre­na­lien deur jou are sal laat bruis.

Foe­fie­slaaid op ste­ro­ïe­de

As hoog­tes en spoed deur jou a­von­tuur­a­re loop, moet jy ’n draai maak by A­dre­na­lin Ad­do, wat slegs ’n paar ki­lo­me­ter van die park se hoof­hek ge­leë is in die rig­ting van Kirk­wood.

Hier kan jy teen ’n ril­ler­spoed van tot 80 km/h gly op ’n foe­fie­slaaid, wat 500 m lank en 65 m hoog is. Die foe­fie­slaaid het ook ’n dub­be­le gly­lyn, so vrou, kind of kraai kan saam met jou gil en gly. As jy soek na nog, wat van ’n reu­se­swaai waar jy die klip­pie word in ’n mas­sie­we men­se­ket­tie en klou vir al wat jy werd is 18 m hoog in die lug voor­dat die swaai jou vo­ren­toe skiet? En vir die­ge­ne wat lie­wer bang Jan as dooie Jan is, is daar ook die op­sie om met ’n ka­no af te roei op die Son­dags­ri­vier. A­dre­na­lin Ad­do: a­dre­na­li­nad­do.co.za of 078 911 1619.

Van R300 p.p. vir die foe­fie­slaaid, R150 p.p. vir die reu­se­swaai en R100 p.p. vir die ka­no­vaart.

Of spaar en be­spreek al drie ak­ti­wi­tei­te vir R400 p.p.

Woerts af by ’n sand­duin

Slegs vyf mi­nu­te se ry van Ad­do se sui­de­li­ke hek, Mat­hyol­we­ni, lê die A­lex­an­dria­dui­ne­bank, waar jy van die groot­ste sand­dui­ne in Suid­A­fri­ka sal vind. Dié kne­wels smeek vir ’n klim, ’n gly en ’n tui­me­len­de val.

Sun­days Ri­ver Ad­ven­tu­res bied ’n ver­skei­den­heid van ak­ti­wi­tei­te aan soos sand­plank­ry, wa­ter­sport en boot­rit­te, as­ook die ge­leent­heid om te oor­nag op ’n huis­boot op die Son­dags­ri­vier.

Aan die be­gin lê die kuns van sand­plank­ry soos ’n mas­sie­we wit berg (of­te­wel duin) voor jou; jy gee dit ’n pro­beer­slag en ska­ter­lag ná ’n ba­lans­oep­sie en ’n sag­te lan­ding, maar voor­dat jy die sand uit jou oë kan vee, gooi jy die sand­bord on­der die arm, mar­sjeer die duin uit en pro­beer weer.

Nel­son Man­de­la Bay Toe­ris­me bied ook ver­skeie pas­se aan waar­mee jy ve­le ak­ti­wi­tei­te teen ’n af­slag­prys kan ge­niet, soos ’n gly­lyn­er­va­ring of ’n boot­rit. Sun­days Ri­ver Ad­ven­tu­res: sun­days­ri­ver­ad­ven­tu­res.com of 071 185 6565. Van R600 p.p. vir ’n sand­plank­ry­uit­stap­pie en ’n boot­rit van on­ge­veer drie uur en R350 per per­soon vir ’n boot­rit van 2,5 uur na die sand­dui­ne en te­rug.

Gaan som­mer op ’n sand­plank­ry­uit­stap­pie én ’n boot­rit.

Swaai is nie kin­der­spe­le­tjies by A­dre­na­lin Ad­do nie.

Ge­reed vir ak­sie op die sand­dui­ne van die Son­dags­ri­ver.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.