Kyk wild van­uit pri­va­te swem­bad

Beeld - - Leefstyl -

■ Jy kan tuis­gaan in die hoof­kamp waar sa­fa­ri­ten­te, kamp­staan­plek­ke, cha­lets en kot­hui­se wag. Jy kan selfs ’n nag deur­bring in die S­pek

boom­ten­te (van R940 vir twee men­se wat deel), wat in ’n af­ge­kamp­te ge­bied is in die mid­del van die wild­ky­k­a­rea.

■ As jy smag na to­ta­le af­son­de­ring, skreeu die Na­ri­na­bos­kamp

(van R1 275) vir vier men­se jou naam. Dié E­s­kom­vrye tent­kamp is so­wat 25 km van die hoof­kamp en kan ook per perd be­reik word as jou lies­te reg is vir ’n vol­dag­rit.

■ Die­ge­ne met bos­bre­kers en groot wie­le sal die 4x4­roe­te, Be­drog­fon­tein, ge­niet tus­sen Ka­bou­ga en Dar­ling­ton en kan tuis­gaan in die Ka­bou­ga­twee­slaap­ka­mer­kot­huis (R480), wat ge­skik is vir ses men­se. Vir ’n bo­s­er­va­ring, en iets an­ders, oor­nag in die Lan­ge­bos­hut

te (R1 315 vir vier men­se) in die park se Woody Ca­pe­af­de­ling, waar ’n ryk vo­ël­le­we, in­heem­se bos en bos­bok­ke op jou wag.

■ As gas­sto­fies en kamp­ma­tras­se nie jou i­dee van on­st­pan is nie, is daar ook die nu­we luuk­se Ny­a­thi

rus­kamp, die jong­ste toe­voe­ging tot die Ad­do­fa­mi­lie.

Die Ny­a­thi­rus­kamp is amp­te­lik in Sep­tem­ber 2016 ge­o­pen, maar dié splin­ter­nu­we, luuk­se vier­ster­self­sor­grus­kamp is maar nog net drie maan­de oop vir be­spre­kings.

Die 11 toe­ge­rus­te self­sorg­een­he­de (van R1 800 vir twee men­se wat deel), wat wis­sel van een tot drie slaap­ka­mers per een­heid, is 12 km van die hoof­kamp en bied ken­op­die­grond­uit­sig­te oor ’n vloed­vlak­te met ber­ge, stil­te, ster­re en die­re.

Die Ny­a­thi­af­de­ling is ryk in wild, van se­bra tot o­li­fant, van leeu tot e­land en hier kan jy wild kyk van ’n dek af wat uit­kyk oor ’n wa­ter­gat. Maar, dit is nie al nie. Jy kan ook wild kyk in die ge­rief van jou eks­klu­sie­we ron­da­wel se bed, of van­uit die bad­ka­mer met sy groot, ron­de bad met ko­per­af­wer­kings en glas­deu­re wat oop­maak op die dek, of van die braai­plek of, om die luuks­heid net ’n tik­kie ver­der te neem, van­uit jou pri­va­te swem­bad. Ja, dit is reg, el­ke lie­we een­heid in die Ny­a­thi­rus­kamp het sy eie swem­bad vir ’n rond­plons en af­koel op daar­die warm dae.

Wat dié nu­we toe­voe­ging in Ad­do so spe­si­aal maak, is nie net die ruim ka­mers en luuk­se af­wer­kings nie, maar ook die toe­gank­lik­heid en be­kos­tig­baar­heid. Ny­a­thi is die per­fek­te keu­se vir ’n weg­breek as jy ’n bie­tjie be­derf en fên­sie wil voel met jou eie swem­bad; die toe­ge­rus­te kom­buis, braai­plek en die feit dat jy steeds met jou eie voer­tuig op ’n wil­drit kan gaan in die hoof­kamp maak die Ny­a­thi­rus­kamp ’n wil­de wen­ner son­der dat dit no­dig is om jou bank­be­stuur­der te raad­pleeg.

. Vir nog in­lig­ting oor park­ta­rie­we, pry­se en ak­ti­wi­tei­te, be­soek san­parks.org/parks/ad­do.

Die rus­tig­heid van­self wag vir jou by die Ny­a­thi­rus­kamp.

Die luuk­se ver­blyf by die Ny­a­thi­rus­kamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.