Ver­fraai jou tuin met blom­ry­ke ka­me­li­as

Om die groot struik of klein boom­pie met die mooi naam ka­me­lia, saak­lik te be­skryf as ’n sier­li­ke im­mer­groe­ne van C­hi­na en Ja­pan met was­ag­ti­ge blom­me – soos dit in ’n woor­de­boek staan – laat hoe­ge­naamd nie reg ge­skied aan dié prag­ti­ge en sta­ti­ge win­ter­blo

Beeld - - Leefstyl - ANNA CELLIERS @Leef­styl24

Dis by­kans vir die leek on­moont­lik om dié plan­te vol­gens hul bo­ta­nie­se na­me en her­koms uit te ken – nie met meer as 3 000 be­noem­de hi­brie­de wê­reld­wyd nie!

Wan­neer ons hul­le plant, is dit maar meest­al vol­gens die blom­vorm – daar is en­kel, se­mi-dub­bel, a­ne­moon­vorm, pi­oen­vorm, dub­be­le-roos­vorm en for­meel­dub­bel en dan ver­skil die groot­te van die blom­me ook nog dras­ties tus­sen hi­bried en hi­bried – som­mi­ges is ’n he­le hand­vol en an­der meer pe­tit.

Om hul­le te pro­beer uit­ken vol­gens kleur, gaan ook nie werk nie want so­veel ver­skil­len­de vorms van wit, bleek­wit, sag­te pienk, hel­der­pienk, skok­pienk, waat­le­moen­pienk, lig­rooi tot baie diep ta­ma­tie­rooi gaan jou kop laat draai en dan is daar nog dié met bal­da­di­ge kleur­spat­sels en op­val­len­de goud­geel stuif­meel­dra­de ook. Dis waar dat baie “ou­tyd­se” strui­ke (soos by­voor­beeld ka­me­li­as) oor die laas­te paar jaar ’n bie­tjie uit die mo­de ge­raak het of skaar­ser word.

Bui­te sei­soen en son­der die prag­ti­ge blom­me, gaan hul­le dalk ook on­ge­waar­deerd bly staan in die kwe­ke­ry­ba­ne. Tog is ka­me­li­as van die ge­hard­ste tuin­strui­ke vir ver­al baie koue en “moei­li­ke” kli­ma­te en is ui­ters ge­hard teen ryp. Ka­me­li­as blom met oor­ga­we van­af vroeg in die herfs, deur die win­ter tot in die len­te.

K­week­wen­ke

■ Plant­plek: Og­gend­son en mid­dag­ska­du is i­de­a­le kweek­toe­stan­de. Ka­me­li­as hou ook daar­van om in die spik­kel­ska­du­wee van groot blad­wis­se­len­de bo­me te groei. Plant hul­le aan die ran­de van boom­wou­de. ■ Grond: Ka­me­li­as hou van suur­grond, maar is ge­dul­di­ger as by­voor­beeld a­sa­le­as as die grond se pH ’n bie­tjie ho­ër is. Voeg suur- of grow­we kom­pos in die plant­gat en verskaf al­tyd ’n suur­de­klaag van veen of den­ne­naal­de. Hul­le is goed ge­skik vir hou­er­tui­ne om­dat hul­le eint­lik al­tyd mooi en net­jie­se plan­te is. Ka­me­li­as hou van grond wat goed drei­neer. Gra­we ’n geil plant­gat, maak hom vol wa­ter en as jy die vol­gen­de dag met klam grond sit en nie pap mod­der nie, kan jy met ’n ge­rus­te hart plant.

■ Wa­ter: Die plan­te is oor die al­ge­meen me­di­um-wa­ter­ver­brui­kers wat hou van koel, klam grond, maar wil nie aan­hou­dend sop­nat voe­te hê nie.

■ Be­mes­ting en s­noei: Ka­me­li­as is hon­ger plan­te – ont­hou hul­le moet baie e­ner­gie hê om die mas­sas blom­me wat hul­le maak te on­der­steun. Die ge­heim is ’n do­sis kuns­mis wat sta­dig vry­stel, in die laat­len­te na­dat hul­le af­ge­blom het en ’n dun dek­laag van goed ver­rot­te kom­pos wat die grond bly voed. Die wor­tels is taam­lik vlak, so moe­nie die dek­laag te dik maak nie, vul dit eer­der ge­reeld aan. S­noei ge­rus ná die blom­tyd die plan­te se bin­ne­tak­ke lig­gies uit en ook e­ni­ge slor­di­ge of te geil groei waar­van jy nie hou nie.

Ca­mel­lia sa­san­qua-hi­brie­de re­a­geer baie goed op re­de­li­ke har­de snoei­werk en word met tyd prag­ti­ge en ge­har­de blom­hei­nings.

Pas op hier­voor

Blom­knop­pies wat bot­toe bly en af­val ge­beur soms en is te wy­te aan ’n paar fak­to­re:

■ Te min of te veel wa­ter – ’n paar maan­de voor­dat die plan­te moet blom of ter­wyl hul­le blom, is ge­reel­de, diep wa­ter ui­ters be­lang­rik.

■ Skerp kon­tras­te in weers­toe­stan­de waar­aan jy niks kan doen nie – daar’s da­rem al­tyd ’n vol­gen­de sei­soen!

■ Te veel blom­me – die plant is slim ge­noeg om soms ont­slae te raak van te veel blom­knop­pies.

■ Oor­voe­ding in die ver­keer­de sei­soen . . . ont­hou, dit moet in die len­te ge­doen word.

Plant hier­die mooi­es: Ca­mel­lia ja­po­ni­ca

Die groot­te van hier­die struik met sy don­ker­groen, glan­sen­de en leer­ag­ti­ge bla­re wis­sel vol­gens die va­ri­ë­teit, maar aan­vaar dat hul­le on­ge­veer 4 mx 3 m groot word:

‘De­si­re’ – for­me­le dub­be­le lig­te­pienk blom­me met don­ker­pienk ran­de.

‘El Do­ra­do’ – groot sag­te­pienk pe­o­nie-vor­mi­ge blom­me.

‘Grand P­rix’ – groot hel­der­rooi half­dub­be­le blom­me.

‘Kra­mer’s Su­pre­me’ – groot pe­o­nie-vor­mi­ge rooi blom­me.

‘Nuc­cio’s Pe­arl’ – dub­be­le blos­wit blom­me. ’n Baie net­jie­se kom­pak­te groei­wy­se.

‘O­me­ga’ – se­mi-dub­be­le wit blom­me om­rand met ko­raal.

Ca­mel­lia sa­san­qua

Sa­san­qua-ka­me­li­as be­gin vroe­ër blom as ja­po­ni­kas en kan ook meer son han­teer. Hul­le is ook ge­wel­dig blom­ryk, mak­li­ke groei­ers, en ge­hard. Ka­me­li­ak­we­kers s­noei sa­san­quas graag in die vorm van e­le­gan­te hoof­stam­boom­pies wat die groot­te van die plan­te tem en hul­le i­de­aal vir klein tui­ne maak.

‘C­rimson King’ – klein diep­rooi en­kel­blom­me met hel­der­geel stuif­meel­dra­de.

‘Jen­ni­fer Su­san’ – klein sag­te­pienk se­mi-dub­be­le tot pe­o­nie­vor­mi­ge blom­me.

‘Kan­ji­ro’ – en­kel- tot se­mi-dub­be­le ce­ri­se-pienk blom­me.

‘Set­su­gek­ka’ – spier­wit en­kel­tot se­mi-dub­be­le blom­me met hel­der­geel stuif­meel­dra­de.

’n Prag­ti­ge ja­po­ni­ka­soort met dub­bel­pienk blom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.