Dis Noord teen Suid in net­bal­eind­stryd

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Gaan die na­si­o­na­le net­bal­tro­fee Sui­de of Noor­de toe?

Die Wes-Kaap ver­de­dig van­dag die tro­fee wat hy ver­le­de jaar in die pro­vin­si­a­le toer­nooi in Dur­ban ge­wen het. Hy het toe die Vry­staat met 15 doe­le ge­klop.

Van­dag wag waar­skyn­lik ’n veel taai­er uit­da­ging wan­neer hy in die eind­stryd teen Gau­teng te staan kom.

Die Ka­pe­naars sê hul­le weet dit gaan ’n taai tof­fie wees.

Die Gau­ten­gers soek die “ker­sie op die koek” na­dat hul pro­vin­sie se Noord-Gau­teng­se Ja­guars vroe­ër van­jaar bo­baas was in die na­si­o­na­le P­re­mier­liga. Die Gau­ten­gers het laas in 2014, toe nog as Noord-Gau­teng, die pro­vin­si­a­le ti­tel ge­wen.

Gau­teng het nog nie van­dees­week ’n ne­der­laag ge­ly nie, en een ge­lyk­op-uit­slag be­haal.

Die Ka­pe­naars se e­nig­ste ne­der­laag was Don­der­dag met 4446 – teen die ein­ste Gau­teng.

Die span­ne het al­bei gis­ter hul laas­te rond­om­ta­lie-wed­stry­de ge­wen. Nie dat dit saak ge­maak het nie, want hul­le was reeds ver­se­ker van hul plek in die eind­stryd.

Gau­teng het M­pu­ma­lan­ga met 45-25 ge­klop. Die Wes-Kaap het die Noord-Kaap sy so­veel­ste loe­sing ge­gee (69-12).

Gau­teng het met 13 liga­pun­te ge­ëin­dig en die Wes-Kaap met 12.

Span­ne is ook be­loon as hul kwo­ta­tei­kens reg was. Die WesKaap het in dié op­sig vyf pa­sel­la­pun­te by­ge­kry en Gau­teng vier, so­dat al­bei met 17 pun­te klaar­ge­maak het.

Ju­li­ne Ros­souw, die WesKaap­se kap­tein, sê hul­le is op­ge­won­de om weer in die eind­stryd te wees.

“Eer­gis­ter se ne­der­laag was dalk ’n be­dek­te se­ën. Ons is hier om die ti­tel te wen en die tro­fee huis toe te neem,” sê Ros­souw.

Jen­ny van Dyk, die Gau­teng­se af­rig­ter, sê haar span is “baie lus vir die tro­fee en wil graag ’n twee­de een wen.

“Dit sal ook be­lo­ning wees vir ons har­de werk en die dui­sen­de ure wat ons in­ge­sit het.”

■ Noord­wes en Gau­teng se o.21span­ne pak me­kaar in hul eind­stryd.

TV: 10:30: o.21: 12:30:

Noord­wes t. Gau­teng; Wes­Kaap t. Gau­teng (SS 5).

Fo­to: REG CALDECOTT

Ren­ske S­toltz (hulp­doel) sal in Dur­ban ’n sleu­tel­spe­ler vir Gau­teng wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.