Ge­na, Jus­ti­ne steek tong uit vir ASA

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us Ge­na L­öf­strand het al­le ver­wag­tin­ge in Lon­den oor­tref.

Suid-A­fri­ka­ners wat eer­gis­ter­aand die vroue-uit­dun­ne van die 800 m dop­ge­hou het, kan ver­skoon word as hul­le ge­won­der het wie die an­der Suid-A­fri­ka­ner naas Cas­ter Se­me­nya was wat ook tot die half­eind­ron­de deur­ge­dring het.

Ge­na L­öf­strand het vir ’n ver­ras­sing ge­sorg toe sy se­wen­de in die laas­te uit­dun ge­ëin­dig het, maar steeds vin­nig ge­noeg was om as een van die ses vin­nig­ste ver­loor­ders tot die half­eind­ron­de deur te dring.

Dié 21-ja­ri­ge at­leet het 2:01.73 ge­hard­loop met Se­me­nya wat eer­ste in haar uit­dun die wen­streep in 2:01.33 oor­ge­steek het om ou­to­ma­ties te kwa­li­fi­seer.

L­öf­strand was in ’n baie sterk uit­dun­groep in­ge­deel, wat on­der an­de­re die O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner Fran­ci­ne Niyon­sa­ba van Bu­run­di in­ge­sluit het.

Die Suid-A­fri­ka­ner se naam het nie on­der die aan­vank­li­ke groep ge­tel wat At­le­tiek SuidA­fri­ka (ASA) na Lon­den wou s­tuur nie en sy is eers die week voor die span se ver­trek in­ge­lig dat sy wel saam sal gaan.

In A­pril het L­öf­strand die sil­wer­me­dal­je op die Suid-A­fri­kaan­se se­ni­or-at­le­tiek­by­een­koms ge­wen toe sy ’n tyd van 2:03.32 ge­hard­loop het.

Die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) het ’n tyd van 2:01.0 ge­stel vir at­le­te om te kwa­li­fi­seer vir die Wê­reld­kam­pi­oen­skap.

L­öf­strand het dit net-net mis­ge­loop toe sy in Ju­lie in S­wit­ser­land 2:01.50 aan­ge­te­ken het vir die 70ste plek op die 2017wê­reld­rang­lys.

ASA het ’n ver­eis­te van 1:58.81 ge­stel, ’n tyd wat nog net 25 keer van­jaar ge­hard­loop is, boon­op deur net 13 at­le­te oor die wê­reld heen.

Die IAAF het eg­ter ’n uit­no­di­ging aan ASA ge­stuur vir ’n 4x400 m-vrou­e­af­los­span, wat nie net aan L­öf­strand nie, maar ook aan Jus­ti­ne Palf­ra­man die ge­leent­heid ge­gee het om in Lon­den te gaan hard­loop.

ASA se span is oor­spronk­lik saam­ge­stel uit at­le­te wat die at­le­tiek­lig­gaam oor­tuig was die half­eind­ron­des van hul on­der­skeie i­tems sou haal en daar­om is L­öf­strand en Palf­ra­man oor die hoof ge­sien.

Al­bei die at­le­te het aan die keur­ders ’n punt be­wys met Palf­ra­man wat vier­de in haar 200 m-uit­dun ge­ëin­dig het in 23.35 sek, wat vin­nig ge­noeg was om as een van die vin­nig­ste ver­loor­ders te kwa­li­fi­seer. Sy het toe wel in die half­eind­ron­de uit­ge­val.

L­öf­strand se by­een­koms het ein­de­lik gis­ter­aand ge­ëin­dig, toe sy in die half­eind­ron­de van die 800 m net ’n 2:03.67 kon op­stel. Maar sy en Palf­ra­man het ’n be­lang­ri­ke punt aan ASA be­wys na­dat net een van die ma­ra­thonat­le­te – Des­mond Mok­go­bu – in Lon­den in die top-20 kon klaar­maak.

Vyf lang­a­sems is saam­ge­neem, met Lusap­ho A­pril wat nooit aan­ge­tree het nie en Si­bu­si­so N­zi­ma wat hand­doek in­ge­gooi het voor die wen­streep. Die vroue het ewe vaal ver­toon. ■ Soos ver­wag, het Se­me­nya mak­lik tot Son­dag se 800-eind­ron­de deur­ge­dring. Sy was die vin­nig­ste van al­mal, met ’n tyd van 1:58.90 – en dit son­der om veel te sweet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.