M­cG­re­gor sal my g’n klop, sê Ma­y­we­at­her

Beeld - - Sport - – Reuters

Floyd Ma­y­we­at­her (40) sê hy het sy huis­werk be­hoor­lik ge­doen oor Co­nor M­cG­re­gor (29), die ge­meng­de ge­vegs­kuns­te­naar, en het be­lo­we dat hul ge­veg op 26 Au­gus­tus in Las Ve­gas sal nie die vol­le tyd duur nie.

Ma­y­we­at­her én M­cG­re­gor het voor­spel dat dié ge­veg, tus­sen een van die bes­te bok­sers van al­le tye en ’n ge­meng­de ge­vegs­kuns­kam­pi­oen, met ’n uit­klop­hou sal ein­dig.

“Ver­wag op­win­ding. Hy gaan non­sens praat en ek gaan snert praat. Daar gaan baie bloed, sweet en tra­ne wees,” sê Ma­y­we­at­her.

Die ge­vloek en groot­pra­te­ry van die voor­af­gaan­de me­di­a­toer is vir eers op­sy ge­skuif.

Ma­y­we­at­her het ont­ken dat M­cG­re­gor, ’n hot­klou, hom hoof­bre­kens sal be­sorg. M­cG­re­gor het nog nooit pro­fes­si­o­neel ge­boks nie, maar was die eer­ste UFC­at­leet wat twee ti­tels in ver­skil­len­de ge­wigs­af­de­lings ge­lyk­ty­dig kon hou.

Fo­to’s: GETTY IMAGES

Jus­ti­ne Palf­ra­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.