Hei­no se vuur­doop was bit­ter moei­lik, sê Faf

Net 113 lo­pies teen ’n ge­mid­deld van 14,12

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Faf du P­les­sis het die nu­we aan­vangs­kol­wer van die Pro­te­as, Hei­no Kuhn, jam­mer ge­kry in die on­lang­se krie­ket­reeks teen En­ge­land.

Kuhn het sy bui­ging in die reeks ge­maak, maar hy het ge­suk­kel om die mas op te kom en het slegs 113 lo­pies teen ’n ge­mid­deld van 14.12 in agt beur­te aan­ge­te­ken. Dit het by­ge­dra tot die Pro­te­as se reeks­ne­der­laag met 1-3.

Du P­les­sis sê dit sal on­reg­ver­dig wees om Kuhn slegs op grond van sy kolf­werk in dié reeks te be­oor­deel.

“Hei­no was bit­ter on­ge­luk­kig om sy de­buut as aan­vangs­kol­wer in En­ge­land te maak. En­ge­land se naat­bou­lers is wê­reld­klas in hul eie toe­stan­de,” het Du P­les­sis van­dees­week met sy te­rug­keer in Kaap­stad ge­sê.

“Dit is die moei­lik­ste plek om ’n to­por­de-kol­wer te wees. Ons het al­mal daar ge­suk­kel. Dit was nie net Hei­no nie.”

Met tuis­toets­reek­se teen Bangla­desj, In­dië en Aus­tra­lië wat in die ko­men­de maan­de voor­lê, sal die Pro­te­as vin­nig plan moet maak om hul kolf­werk weer op peil te kry.

Ge­vra of hy be­kom­merd is oor die feit dat De­an El­gar se twee hon­derd­tal­le – die 140 teen Ni­euSee­land en die 136 teen En­ge­land op die O­val – die e­nig­ste drie­sy­fer-tel­lings deur Pro­te­a­kol­wers in die laas­te se­we toet­se was, het Du P­les­sis toe­ge­gee dat dit ’n pro­bleem is.

“Ons gaan dít net kan ver­an­der as die kol­wers hul self­ver­troue her­win deur groot beur­te te speel.

“Soos ek in En­ge­land ge­sê het, die kolf­toe­stan­de waar­in ons die laas­te ruk ge­speel het, was be­slis nie mak­lik nie. Die kolf­blaaie teen Sri Lan­ka (aan die be­gin van die jaar in Suid-A­fri­ka) was lek­ker groen en ek ver­wag dat dit aan die ein­de van die jaar teen In­dië weer so sal wees,” sê Du P­les­sis.

“Dit is al­tyd be­lang­rik om hon­derd­tal­le aan te te­ken, maak nie saak wat die toe­stan­de is nie. Selfs in die af­ge­lo­pe reeks. Die En­gel­se ou­ens het ge­sê dat die toe­stan­de in dié reeks moei­li­ker was as wat hul­le in ’n lang tyd ge­sien het, maar hul­le het dit steeds reg­ge­kry om ’n paar hon­derd­tal­le aan te te­ken.”

Joe Root (190 op Lord’s), Ben S­to­kes (112 op die O­val) en Jon­ny Bair­stow (99 op Old Traf­ford) het al­mal beur­te ge­speel wat hul span in die po­si­sie ge­plaas het om ’n toets te wen.

Dít is was die Pro­te­as no­dig het.

“Daar is ’n paar on­er­va­re ou­ens op ons kolf­lys, maar na­tuur­lik moet hul­le speel om meer er­va­ring te kry. Ek het ook ge­dink dat Hashim (Am­la) baie goed ge­kolf het in die reeks. Hy was bit­ter on­ge­luk­kig om nie ’n paar hon­derd­tal­le aan te te­ken nie. Hy is ’n paar keer van bin­ne­rand­jies aan die by­kant ge­vang,” sê die kap­tein.

“Ons het die reg­te ou­ens in die span om die kolf­lys weer op koers te kry. Ons moet maar net ’n paar van die kom­bi­na­sies reg­kry.”

Fo­to: REUTERS

Hei­no Kuhn ná sy beurt in die vier­de toets in Man­ches­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.