As Ai­den sy kolf laat praat, is sy kop deur

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Nóg ’n vier vir Ai­den Mar­kram.

Die twee vier­daag­se krag­me­tings tus­sen die krie­ket­span­ne van Suid-A­fri­ka A en In­dië A, kan Ai­den Mar­kram se pas­poort na die toets­span wees.

Dié 22-ja­ri­ge kap­tein van SuidA­fri­ka se naas­bes­tes, kan met ste­wi­ge ver­to­nings as aan­vangs­kol­wer ver­se­ker dat hy teen die ein­de van aan­staan­de maand sy toets­de­buut teen Bangla­desj in Pot­chef­stroom maak.

Die eer­ste krag­me­ting met In­dië se naas­bes­tes be­gin van­dag op die Tuks-o­vaal in P­re­to­ria. Hier­die wed­stryd toets sou op Wil­low­moor­e­park in Be­no­ni be­slis word, maar is ge­skuif weens die nu­we drei­ne­ring­stel­sel wat daar ge­ïn­stal­leer is.

Al­bei span­ne sal goed ver­troud wees met die toe­stan­de by die Tuks-o­vaal, want dit is waar die pas af­ge­lo­pe een­dag­reeks be­slis is.

Hei­no Kuhn se suk­kel­ver­to­nings in die vier toet­se wat hy in En­ge­land ge­speel het, het tot ge­volg dat die soek­tog steeds voort­duur om ’n ge­skik­te aan­vangs­maat vir De­an El­gar in die toets­span te kry.

Versag­ten­de om­stan­dig­he­de is daar ge­wis vir Kuhn.

In En­ge­land, waar daar meer swaai is met die Du­ke-bal is, en teen waar­skyn­lik die bes­te nu­we­bal­paar in toets­krie­ket, Ja­mes An­der­son en S­tu­art Bro­ad, was dit be­slis nie ’n mak­li­ke vuur­doop in toets­krie­ket nie.

Dit sal dalk net raad­saam wees om hom nog ’n kans in die twee toet­se teen Bangla­desj te gee. Met ’n nu­we af­rig­ter wat aan die s­tuur sal wees vir daar­die reeks, is dit eg­ter ’n ope vraag hoe hy daar­die si­tu­a­sie sal be­na­der.

Daar­om sal dit be­lang­rik wees vir Mar­kram, al is die ver­ant­woor­de­lik­heid as kap­tein ook op sy skou­ers, om ver­al sy kolf die praat­werk te laat doen. Slaag hy boon­op daar­in om in die twee­de van die vier­dag­krag­me­tings in Pot­chef­stroom heel­wat lo­pies te kry, sal die nu­we af­rig­ter die ver­soe­king moei­lik kan weer­staan

om sy naam op die span­lys te skryf vir die eer­ste toets op daar­die ein­ste veld langs die Mooi­ri­vier.

Die snel­bou­ler Du­an­ne O­li­vier, wat net soos Mar­kram deel was van die toets­groep in En­ge­land en in die drie toet­se wat hy nou reeds ag­ter die blad het 12 paal­tjies ge­neem het, sal ook sy aan­spraak wil ver­ste­wig om ’n meer ge­reel­de lid van die toets­span te word.

Met die top- en mid­del­or­de wat kwaai teen die En­gel­se ge­wan­kel het, sal Hein­rich Klaas­en en Da­vid Mil­ler ook hul stem­pels wil af­druk.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.