T20­reeks: Be­leg­ger trek kop uit

Beeld - - Sport -

Die S­tel­len­bos­se fran­chi­se wat la­ter van­jaar in K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) se splin­ter­nu­we T20-li­ga gaan speel, is sy be­leg­ger kwyt.

Die swart­be­leg­gings­groep B­rims­to­ne het gis­ter in ’n kort ver­kla­ring ge­sê hy gaan nie voort met die ver­kry­ging van die fran­chi­se vir die T20 Glo­bal Le­a­gue (T20GL) nie.

KSA het in Ju­nie aan­ge­kon­dig ’n kon­sor­ti­um van be­leg­gers, wat deur B­rims­to­ne ge­lei word, se aan­bod om die fran­chi­se te koop, was suk­ses­vol.

Mus­taq B­rey, uit­voe­ren­de hoof van B­rims­to­ne, het ge­sê se­dert Ju­nie het B­rims­to­ne sy in­ter­ne pro­ses oor die be­oog­de ver­kry­ging ge­volg om te be­paal of die be­leg­ging die moei­te werd is.

“Ons volg ’n streng be­leg­gings­pro­ses. Dié ver­kry­ging moes deur die­self­de pro­ses gaan en teen ons ge­wo­ne be­leg­gings­kri­te­ria ge­toets word,” het B­rey ge­sê.

Ná die vol­tooi­ing van dié pro­ses het B­rims­to­ne tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat dit nie ’n goeie be­leg­gings­ge­leent­heid sou wees nie.

KSA het dié ver­wik­ke­ling be­ves­tig en ge­sê hy re­spek­teer B­rims­to­ne se be­sluit.

Vol­gens Ha­roon Lor­gat, KSA se uit­voe­ren­de hoof, be­oor­deel hul­le tans die aan­soe­ke van an­der par­tye wat op ’n kort­lys was om fran­chi­ses in die T20GL te be­kom.

“Ons is vol ver­troue dat die S­tel­len­bos­se span reg sal wees vir die T20 Glo­bal Le­a­gue en KSA sal in die tus­sen­tyd ver­ant­woor­de­lik­heid neem om dié span op die been te bring,” het Lor­gat ge­sê.

Dié kom­pe­ti­sie be­gin in No­vem­ber en sal deur agt span­ne, in be­sit van pri­va­te be­leg­gers, be­slis word. Die span­ne is in Jo­han­nes­burg, P­re­to­ria, Be­no­ni, Bloem­fon­tein, Port E­li­za­beth, Dur­ban, Kaap­stad en S­tel­len­bosch ge­se­tel.

Fo­to: GETTY IMAGES

Faf du P­les­sis se span in die nu­we T20 Glo­bal Le­a­gue is op soek na ’n nu­we be­leg­ger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.