Proud­foot: Dié Poe­mas het baie byt

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen Poe­mas­groep:

Moe­nie dink die Poe­mas gaan so flou wees soos die Ja­gua­res nie. Só het die S­pring­bok­ke se voor­spe­ler-af­rig­ter, Matt Proud­foot, gis­ter in Port E­li­za­beth ge­maan.

Die Bok­ke en die Ar­gen­ty­ne pak me­kaar vol­gen­de Sa­ter­dag in ’n Rug­by­kam­pi­oen­skaps­toets in Port E­li­za­beth.

Die Ja­gua­res, wat met die mees­te van Ar­gen­ti­nië se toets­spe­lers spog, het van­jaar ge­suk­kel in die Su­per­rug­by-reeks en agt van hul 15 wed­stry­de ver­loor. Dit het on­der meer ’n tuis­ne­der­laag teen die Sout­hern Kings in­ge­sluit.

Proud­foot sê men­se moe­nie dink die Ja­gua­res wat in die Su­per­reeks ge­speel het en die Poe­mas wat in die Rug­by­kam­pi­oen­skap uit­draf, is die­self­de die­ra­sie nie.

“As daar­die spe­lers die Poe­mas se trui oor die kop trek, ska­kel hul­le na ’n an­der rat oor.

“Moe­nie ’n fout be­gaan nie, dis ’n ge­hal­te-span,” sê hy oor die Ar­gen­ty­ne.

Proud­foot glo nie­te­min die ek­stra week wat die Bok­ke ge­had het om in Port E­li­za­beth voor te be­rei, was goud werd.

“Al­lis­ter (Coet­zee, hoof­af­rig­ter) het ty­dens die toet­se teen Frank­ryk ook daar­op klem ge­lê hoe waar­de­vol die drie oe­fen­kam­pe was wat ons voor daar­die reeks ge­had het.

“Daar­die oe­fen­kam­pe het ons baie kon­ti­nu­ï­teit ge­gee om op te bou vir die reeks.”

Proud­foot sê daar is baie be­reik die af­ge­lo­pe week in die Baai.

“Hoe meer tyd jy (as af­rig­ter) met die spe­lers deur­bring, hoe be­ter.

“Wat dit mak­li­ker maak is dat hier­die groep spe­lers so ’n goeie gees het en so hard werk. Hul­le kom nou net uit ’n taai Su­per­rug­by-veld­tog waar hul­le die din­ges uit me­kaar ge­ha­mer het, maar as jy sien hoe hul­le as maats oor die weg kom, is dit ’n riem on­der die hart.”

Een van die din­ge waar­aan die Bok­ke vol­gens Proud­foot van­dees­week by­ko­men­de aan­dag ge­gee het, is hul spel wan­neer hul­le aan die ont­vang­kant van tak­tie­se skop­pe is.

“Ons is ver­le­de jaar in Sal­ta (toe die Poe­mas die Bok­ke die eer­ste keer in Ar­gen­ti­nië ver­slaan het) deur hul lug­skop­pe ver­ras.”

Proud­foot sê die Bok­ke is be­slis op ’n be­ter plek as ver­le­de jaar dié tyd.

Die reek­soor­win­ning oor die Fran­se in Ju­nie het die span se self­ver­troue ’n hup­stoot ge­gee.

■ Ma­ti­as A­le­man­no, E­mi­li­a­no Bo­fel­li, Na­hu­el C­ha­par­ro, San­ti­a­go Cor­dero, A­gus­tin C­ree­vy, Tomás Cu­bel­li, Je­ro­ni­mo de la Fu­en­te, San­ti­a­go Gar­cia Bot­ta, Ju­an Her­nan­dez, Ra­mi­ro Her­re­ra, Mar­cos K­re­mer, Mar­tin Lan­da­jo, Tomás La­va­ni­ni, Tomás Le­za­na, Pa­blo Ma­te­ra, Ju­li­an Mon­toya, Ma­ti­as Moro­ni, Ra­mi­ro Moy­a­no, Lu­cas No­gue­ra, Ma­ti­as Or­lan­do, Ja­vier Or­te­ga De­sio, Guido Pet­ti, En­ri­que Pie­ret­to, Le­o­nar­do Se­na­to­re, Ni­co­las San­chez, Jo­a­quin Tu­cu­let.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ri­kus P­re­to­ri­us van die SA S­ko­le­span beur vo­ren­toe in die span se krag­me­ting met Wal­lis, maar deur­kom­kans is min. Die be­soe­kers het ’n skok­se­ge op S­tel­len­bosch be­haal.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Brum­bies se Tomás Cu­bel­li is in die Ar­gen­tyn­se span in­ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.