For­ce se Su­per­dop­pie ge­klink

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die Aus­tra­lie­se Rug­by­u­nie (ARU) het be­sluit om die We­stern For­ce, wat in Perth ge­se­tel is, die trek­pas uit Su­per­rug­by te gee.

Die For­ce is eg­ter van plan om die be­sluit teen te staan.

“Die ARU het be­sluit om die We­stern For­ce se Su­per­rug­by-li­sen­sie op te skort,” het die ARU gis­ter in ’n kort ver­kla­ring ge­sê.

“Die be­sluit volg na ver­skeie we­ke se kon­sul­ta­sie met rug­by­lig­ga­me en aan­deel­hou­ers, wat die re­ge­ring en kom­mer­si­ë­le ven­no­te in­sluit.”

Die ARU het in A­pril aan­ge­kon­dig dat hy in­ge­vol­ge ’n oor­een­koms met San­zaar, die be­heer­lig­gaam vir be­roeps­rug­by in die Sui­de­li­ke Half­rond, die For­ce of die Mel­bour­ne Re­bels uit Su­per­rug­by sal pos.

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie het reeds twee van sy eie span­ne, die C­hee­tahs en Sout­hern Kings, uit die reeks ge­snoei in ’n po­ging om Su­per­rug­by meer vaart­be­lyn te maak.

Die For­ce, wat ’n sterk SuidA­fri­kaan­se geur het, het reeds aan­ge­dui dat hy die be­sluit deur die ARU met al­le mag gaan be­veg.

“Rug­by Wes-Aus­tra­lië is ten vol­le daar­toe ver­bind om el­ke moont­li­ke hulp­mid­del te ge­bruik om te ver­se­ker daar is ’n Su­per­rug­by­span in Perth,” sê die For­ce in ’n ver­kla­ring.

“Ons oor­weeg al­le op­sies, in­slui­tend ’n drin­gen­de aan­soek in die hoog­ge­regs­hof in Ni­euSuid-Wal­lis. Ons oor­weeg ook regs­ak­sie in ver­band met die om­stan­dig­he­de wat tot For­ce se uit­slui­ting ge­lei het.

“Ter­wyl die raad ui­ters te­leur­ge­steld is met die ARU se be­sluit sal ons met die on­der­steu­ning van die plaas­li­ke rug­by­ge­meen­skap en ver­skeie sakeen­ti­tei­te aan­hou ba­klei om die For­ce te be­hou.”

Fo­to: GETTY IMAGES

In ge­luk­ki­ger dae. Die For­ce het gis­ter die trek­pas uit Su­per­rug­by ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.