Wal­lis te sterk vir SA seuns

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet Straf­

Die hor­lo­sie het gis­ter die SuidA­fri­kaan­se S­ko­le­rug­by­span in­ge­haal en ’n oor­win­ning in die dood­snik­ke ver­hoed in sy eer­ste wed­stryd van van­jaar se vier­hoe­ki­ge in­ter­na­si­o­na­le reeks vir o.19-rug­by­span­ne.

Wal­lis het die tuis­span in ’n na­el­byt­stryd in Paul Roos Gim­na­si­um (S­tel­len­bosch) se Mar­kot­ter-sta­di­on met 30-28 ge­klop.

Die Suid-A­fri­ka­ners sal bit­ter te­leur­ge­steld wees om­dat hul­le ver­skeie ge­leent­he­de ver­speel het om die be­soe­kers te klop.

Dié ne­der­laag bring ook ’n ein­de aan die SA S­ko­le­span se se­ge­tog van ne­ge oor­win­nings in dié reeks. Dit is ook die eer­ste keer dat hy teen Wal­lis vas­val.

In die eer­ste wed­stryd gis­ter, het En­ge­land vir Frank­ryk met 24-8 ge­klop.

Suid-A­fri­ka het som­mer vroeg die wind van voor ge­kry toe Wal­lis se agt­ste­man, Len­non G­reg­gains, met net drie mi­nu­te op die wed­stryd­klok vir die be­soe­kers ’n drie gaan druk het. Cai E­vans (los­ska­kel) het ver­doel en twee mi­nu­te la­ter Wal­lis met 10-0 laat voor­loop toe hy ook ’n straf­doel be­haal het.

Die s­ko­le­span het toe eers wak­ker be­gin skrik en na ’n goeie pe­ri­o­de van druk het die heel­ag­ter, Ken­ne­dy M­pe­ku, ’n prag­ti­ge ag­ter­lyn­be­we­ging van­af ’n lyn­staan af­ge­rond.

Die vreug­de was eg­ter van kor­te duur, met swak dis­si­pli­ne wat Wal­lis ge­help het om sy voor­sprong te rek. E­vans het met drie straf­doe­le ge­slaag om sy span met die rus­tyd met 19-5 te laat voor­loop.

Lan­ce Sen­din, SA Sko­le-af­rig­ter en sy be­stuur, was glad nie ge­luk­kig met die aan­tal kan­se wat sy troe­pe ver­brou het om pun­te aan te te­ken nie.

Daar is ge­du­ren­de die ka­juit­raad op die Mar­kot­ter-mid­del­lyn hárd ge­praat en dit het aan­vank­lik ge­lyk as­of dit gaan werk toe die tuis­span met drie straf­doe­le van sy eie die Wal­lie­sers se voor­sprong tot net vyf pun­te laat krimp het.

Sen­din se span was we­lis­waar te­rug in die krag­me­ting, maar toe steek die on­ge­dwon­ge fou­te en swak dis­si­pli­ne weer kop uit. En die kom­kom­mer­koel E­vans het nie vir ’n twee­de uit­no­di­ging ge­wag om sy vyf­de straf­doel oor die dwars­lat te jaag nie.

G­reg­gains het kort daar­na vir sy twee­de drie oor­ge­val en gro­ten­deels die wind uit die Suid-A­fri­ka­ners se sei­le ge­haal.

’n Ses­de straf­doel deur E­vans met ses mi­nu­te speel­tyd oor het die be­soe­kers met 30-14 die ki­taar op die tel­bord laat slaan.

Daar­na was dit Wal­lis se beurt om wal te gooi met ver­doel­de drieë vir Suid-A­fri­ka se Mark Sny­man en Mor­né Brandon, wat die be­soe­kers met net twee pun­te laat voor­loop het.

Suid-A­fri­ka het weer op die aan­val los­ge­trek, maar ’n han­teer­fout met net se­kon­des oor het aan Wal­lis ’n skrum ver­se­ker, waar­na die bal vir die skok­se­ge oor die kant­lyn ge­sool is.

Ken­ne­dy M­pe­ku, Mark Sny­man, Mor­né Brandon. Sa­ne­le No­ham­ba (2). Chris­to­pher S­chreu­der (3). Len­non G­reg­gains (2).

E­vans (6)

Pun­te­ma­kers: SA Sko­le 28 (5): Drieë:

Doel­skop­pe: doe­le:

Wal­lis 30 (19): Drieë: Doel­skop: Straf­doe­le:

Cai E­vans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.