Bul­le moet droom le­we gee

Los­trio­di­na­mi­ka kwel

Beeld - - Sport - Cobus Claas­sen

Was dit ’n een­ma­li­ge glips teen die pas­aan­ge­ër in die Cur­rie­be­ker-reeks of is die Blou Bul­le se be­ker­dro­me wens­den­ke­ry?

Dié vrae kan van­dag in ’n ma­te be­ant­woord word wan­neer die P­re­to­ri­a­ners op Nu­we­land teen die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie te staan kom.

John Mit­chell het on­langs eers by Lof­tus Vers­feld aan­ge­kom, maar bring ho­pe ver­wag­tin­ge met hom saam. Woens­dag­aand se ne­der­laag teen die Haaie het on­der­steu­ners die re­a­li­teit ge­gee dat hul­le nie won­der­wer­ke moet ver­wag nie.

Die span het groot slaan­krag ag­ter en het selfs són­der War­rick Ge­lant ’n gif­ti­ge ag­ter­ste drie. Daar is on­ge­luk­kig ook oog­lo­pen­de ge­bre­ke.

Die vas­te vyf wat teen die Haaie ge­speel het, het tus­sen hul­le nog net 58 wed­stry­de in die reeks ge­speel (waar­van 36 deur stut John-Roy Jen­kin­son).

Dit is haas on­denk­baar dat die Bul­le die af­ge­lo­pe paar jaar nie ’n agt­tal het wat voor kan ság­maak nie.

Daar is voorts vrae oor die di­na­mi­ka in die Bul­le-los­trio van Nic de Ja­ger, Jan­nes Kir­sten en Boom Prinsloo. Met Ru­an S­teen­kamp se sei­soen reeds kort­ge­knip en Roe­lof S­mit steeds be­seer, het die brei­er, Nol­lis Ma­rais, nie veel an­der keu­ses nie.

Af­ge­sien daar­van om voor sterk te staan en die grond­slag te lê, is Prinsloo-hul­le se an­der uit­da­ging om be­ter te ver­de­dig.

Die Bul­le se 17 drieë in drie wed­stry­de is – saam met die C­hee­tahs – die mees­te. Maar hul ver­de­di­ging is nie waf­fers nie. Hul­le moes reeds 14 keer on­der die pa­le gaan wag na vyf­pun­ters téén hul­le.

Die Pou­blou­es het die Bul­le nie ’n guns be­wys toe hul­le Woens­dag teen die WP ver­ras het nie, maar die S­treep­truie sal na de­se ook ’n raps min­der self­ver­troue hê.

CB­PUNTESTAND

C­hee­tahs Haaie Blou Bul­le G­rie­kwas Goue Leeus WP Pu­mas

Fo­to: GALLO IMAGES

D­ries S­wa­ne­poel is te­rug in die Bul­le se nr. 13­trui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.