Leeus: Nu­we be­sem, ou sto­rie?

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Leeus: Haaie:

Die Leeus se nu­we be­sem reeds van­aand op die proef ge­stel word in hul stre­we om die Haaie uit die pad te vee in ’n Cur­rie­be­ker-wed­stryd op El­lis­park in Jo­han­nes­burg.

Dit is ho­pe­loos te vroeg na­dat die nu­we af­rig­ting­span oor­ge­neem het by die span van Nieu-Doorn­fon­tein om nou al te wil oor­deel.

Tog sal daar al vroeë te­kens wees wat van die Leeus ver­wag kan word in die era ná Jo­han Ac­ker­mann.

Die be­soe­kers uit Dur­ban is die guns­te­ling, ver­al met die Leeus wat nog kwaai uit­ge­dun is en ’n aan­tal spe­lers wat ook rus­kans kry na­dat die Su­per­reeks eers ver­le­de week vir hul­le tot ’n ein­de ge­kom het.

As al­bei span­ne se laas­te wed­stryd as maat­staf dien, sal dit bloot ’n ge­val wees van hoe ver die Haaie sal wen.

Waar die Leeus ver­le­de Sa­ter­dag ’n ste­wi­ge loe­sing by die Blou Bul­le op Lof­tus ge­kry het, het die Haaie Woens­dag die ein­ste Bul­le, ook op Lof­tus, met 28-20 ge­klop.

Tog kan rug­by nie al­tyd vol­gens dié ba­ro­me­ter ge­meet word nie.

Die Leeus lyk dank­sy die in­slui­ting van Syl­vi­an Ma­hu­za, An­tho­ny Vol­mink, Ro­han Janse van Rens­burg, Ja­c­ques Nel, Ja­co van der Walt, Dil­lon S­mit, Cy­le B­rink, Jo­han­nes Jon­ker, Rob­bie Coet­zee en Cor­né Fou­rie ook heel­wat ste­wi­ger as wat die ge­val ver­le­de week was.

Net soos die Cru­sa­ders in die Su­per-reeks ge­wys het dat ver­de­di­ging steeds ko­ning kraai wan­neer dit kom by tro­feë ver­o­wer, het die Haaie ook al vroeg in van­jaar se Cur­rie­be­ker-reeks ge­wys dat dit een van hul sterk­pun­te is.

Dit is nou juis iets waar­aan die Leeus aan­dag sal moet gee, want in hul drie krag­me­tings, waar­van twee ver­loor is, het hul­le hul­le tel­kens meer as vier drieë af­ge­staan.

Een van die Haaie se groot­ste staat­ma­kers, die im­mer­groen vleu­el Od­wa N­dun­ga­ne, speel in sy 100ste Cur­rie­be­ker­wed­stryd.

Hy is lan­ger as ’n de­ka­de een van die Haaie se steun­pi­la­re en hy ver­dien ge­wis die eer­be­toon wat hy ont­vang.

Vir twee an­der spe­lers sal die wed­stryd ook ’n vreem­de er­va­ring wees.

Na­dat hy ja­re lank ’n staat­ma­ker in die Haaie-trui was, voer Ry­an Kan­kow­ski die Leeus aan.

E­we­n­eens sal Ak­ker van der Mer­we ook ver­skoon kan word as hy so half deur­me­kaar voel wan­neer hy as plaas­ver­van­ger­ha­ker vir die Haaie op­draf.

■ Syl­vi­an Ma­hu­za, Ma­dosh Tamb­we, Ja­c­ques Nel, Ro­han Janse van Rens­burg, An­tho­ny Vol­mink, Ja­co van der Walt, Dil­lon S­mit, Ry­an Kan­kow­ski (k), Fa­bi­an Booy­sen, Cy­le B­rink, Mar­vin O­rie, Ro­bert Kru­ger, Jo­han­nes Jon­ker, Rob­bie Coet­zee, Cor­né Fou­rie. PLAASVERVANGERS: Mi­cha­el Wil­lem­se, Sti Sit­ho­le, Bob­by de Wee, Ha­cji­vah Dayi­ma­ni, Mar­co Janse van Vu­ren, Siya Ma­su­ku, Aphi­we Dy­an­tyi.

Garth A­pril, Od­wa N­dun­ga­ne, Luk­ha­nyo Am, Ma­ri­us Louw, Si­bu­si­so N­ko­si, Ben­hard Janse van Rens­burg, Ca­me­ron W­rig­ht, Te­ra M­tem­bu, Ja­c­ques Ver­meu­len, Kee­gan Da­niel, Ru­an Bo­tha (k), Ty­ler Paul, Ross Gel­den­huys, Fran­co Ma­rais, T­ho­mas du Toit. PLAASVERVANGERS (uit): Ak­ker van der Mer­we, In­ny­Chris­ti­an Ra­de­be, Ju­an S­choe­man, John­Hu­bert Mey­er, Je­an Dros­te, Mi­cha­el Claas­sens, M­za­mo Ma­jo­la, Wi­an Vos­loo.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Leeus se nu­we hoof­af­rig­ter, S­wys de Bruin, ty­dens ’n pers­kon­fe­ren­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.