Ru­an sal goed vaar, sê Ac­kers

‘Gryp dié kans aan’

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Woens­dag: Die Glou­ces­ter-rug­by­klub twiet ’n vi­deo-bood­skap van hul nu­we af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, waar­in hy on­der­steu­ners mee­deel dat sy seun, Ru­an, saam met hom op pad En­ge­land toe is.

Don­der­dag­og­gend: ’n Glou­ces­ter-ka­me­ra­man wag die Ac­ker­mann-duo in by He­athrow, en plaas die on­der­houd daar­van op die span se T­wit­ter-blad.

Don­der­dag­mid­dag: ’n Fo­to van klein Ac­kers in Glou­ces­ter se rooi-en-wit-hoe­pel­trui word die wê­reld in­ge­stuur, en kort daar­na ’n vi­deo waar­in die 21-ja­ri­ge he­mel­be­sem ver­tel hoe op­ge­won­de hy oor sy Glou­ces­ter­hoof­stuk is.

Die pa­pier­werk vir Ac­ker­mann se skuif Glou­ces­ter toe is vol­gens die Leeus se uit­voe­ren­de hoof, Ru­dolf S­tra­eu­li, nog nie af­ge­han­del nie, maar al­les dui daar­op dat dit net ’n kwes­sie van tyd is.

Die jon­ge­ling is die eer­ste van die Ac­ker­manns wat saam met pa Jo­han, die Leeus se nou ge­we­se hoof-maan­haar, En­ge­land toe is, met sy klein­boet, Ti­aan, sus­sie, Zil­ce, en ma, Cry­stel­le, ook eers­daags op pad.

Dit was nie ’n mak­li­ke be­sluit vir Ru­an nie, het Ac­ker­mann vroe­ër die week ge­sê.

“Hy het lank ge­wik en ge­weeg, maar toe ver­le­de week (voor die Su­per­rug­by-eind­stryd) ge­sê, ja, hy gaan saam. Ek is bly, ek dink hy gaan goed doen daar, want soos vir my, wag daar op hom nu­we uit­da­gings bui­te Su­per­rug­by. Hy gaan hom nou toets teen an­der spe­lers en in heel an­der om­stan­dig­he­de,” het Ac­ker­mann sr. ge­sê.

“Ek het vir hom ge­sê hy moet die ge­leent­heid aan­gryp. Hy is nog jonk ge­noeg om te­rug te kom en weer Su­per­rug­by te speel. Dit hoef nie ’n per­ma­nen­te skuif te wees nie.”

Soos sy pa, het Ru­an eg­ter ook Sa­ter­dag­aand, ná die Leeus se eind­stryd­ne­der­laag teen die Cru­sa­ders, hard ge­sluk by die be­sef dat weg­stap nie so mak­lik gaan wees nie.

Ru­an, wat hier­die sei­soen War­wick Teck­len­burg se plek in die rooi nr. 7-trui ge­neem en dit soos ’n har­de­baard vol­ge­staan het, was maar tra­ne­rig ná die wed­stryd.

“Dis twee goed: een om die spe­lers te los met wie hy so ’n band ge­vorm het en wat vir hom soos fa­mi­lie ge­word het. En twee: el­ke ou­tjie wat Su­per­rug­by speel, wil vir die S­pring­bok­ke speel,” sê pa Jo­han.

“Maar hy kan in 2019 weer te­rug wees, en wie weet, dalk val din­ge in plek en kry hy sy S­pring­bok-kans. Of hy kan 2021 te­rug­kom en hom­self in die vol­gen­de Wê­reld­be­ker-groep in­speel. Hy het tyd aan sy kant. Dit sou vir hom mak­li­ker ge­wees het as ons Sa­ter­dag ge­wen het, want nou voel dit of daar on­af­ge­han­del­de sa­ke is. Toe ons nie wen nie het hy ge­sê, nee, nou weet hy nie meer nie, maar ek het ge­sê hy moe­nie nou te­rug­draai en dan een­dag sê ‘wat as?’ nie.”

Op die groen gras van Glou­ces­ter was die jon­ge­ling Don­der­dag blink­oog.

“Dis on­ge­loof­lik om hier te staan en kyk na die sta­di­on. Die laas­te paar dae was dit nog­al be­sig, maar nou dat ons hier is en ek al­mal ont­moet het en die vel­de ge­sien het, kan ek nie wag om te speel nie,” het hy aan Glou­ces­ter se me­di­a­per­soon ge­sê.

Bo: Ru­an Ac­ker­mann het ver­le­de Sa­ter­dag ’n bars­hou ge­speel in sy laas­te wed­stryd vir die Leeus, en is vuur en vlam om vir Glou­ces­ter te speel.

Fo­to’s: GALLO IMAGES

Links: Die pyn van ver­dwyn. . . ’n Be­traan­de Ru­an Ac­ker­mann na­dat sy tyd by die Leeus Sa­ter­dag­aand ge­ëin­dig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.