‘Groot­ste on­der­steu­ners’ woon nie net eind­stry­de by nie

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Toe ek Sa­ter­dag­aand daar by El­lis­park uit­stap, staan daar ’n paar sna­re wat lyk as­of hul­le aan­sien­lik meer vog­gies ag­ter die blad het as wat die Leeus drieë in die Su­per­rug­by-eind­stryd ge­druk het. Hul­le neem fo­to’s saam met die Cru­sa­ders se All Black-kap­tein, Kie­ran Re­ad.

So in die ver­by­stap hoor ek die een ou sê vir Re­ad in En­gels, met ’n swaar A­fri­kaan­se ak­sent: “I am the big­ge­st Cru­sa­ders fan.”

Ek kon nie help om te glim­lag nie. Wat laat die ou nou re­ken hy kwa­li­fi­seer as die groot­ste Cru­sa­ders-on­der­steu­ner?

Weet hy ooit wie hul­le af­rig­ter is? Sal hy vir jou kan sê in wat­ter po­si­sie speel Da­vid Ha­vi­li, Jack Good­hue of Bryn Hall? Be­sef hy dat die man langs wie hy nou ewe breed en vol bra­va­de staan vir ’n fo­to nie meer die Cru­sa­der-kap­tein is nie, al is hy steeds die All Black-kap­tein?

Dees­dae het dit mo­de ge­word om te sê jy is hier­die of daar­die span se groot­ste on­der­steu­ner. So al as­of dit een of an­der ma­gie­se sta­tus dra.

In die aan­loop tot die Su­per­eind­stryd het ver­skeie ra­di­o­sta­sies kaart­jies weg­ge­gee vir on­der­steu­ners wat kwan­suis kon be­wys hul­le is die ti­tel werd van die groot­ste on­der­steu­ner.

Die kaart­jies was vir ou­ens en vroue wat be­reid was om law­we goed aan te vang. Soos om ’n Leeu-prent­jie ie­wers op hul ly­we te laat ta­toe­ëer of net in ’n on­der­broek in spits­ver­keer rond te stap met ’n plak­kaat wat sê hul­le is die groot­ste on­der­steu­ner.

Sul­ke tier­lan­tyn­tjies steek my dwars in die krop. Kan hier­die “on­der­steu­ners”, wat be­reid is om sul­ke be­lag­lik­he­de aan te vang, ooit vir jou selfs net vyf spe­lers van die span op­noem waar­van hul­le glo die groot­ste on­der­steu­ners is?

Ken hul­le ooit iets van die ge­skie­de­nis van die span wat hul­le on­der­steun?

Weet hul­le hoe­veel keer hul span al die Cur­rie­be­ker ge­wen het en wan­neer die eer­ste keer was? Volg hul­le ooit sko­le­rug­by in hul pro­vin­sie en sit hul­le al in die pa­vil­joen as hul o.19-span in ’n voor­wed­stryd speel?

Meer nog, gaan kyk hul­le klu­brug­by in die pro­vin­sie waar­van hul­le die “groot­ste” on­der­steu­ner is?

Of is hul­le soos die slim ou langs die braai­vleis­vuur wat een oom­blik vir die wê­reld ver­kon­dig hy is sy span se groot­ste on­der­steu­ner, net om die vol­gen­de oom­blik vir sy pel te vra: “Wat is ons kap­tein se naam nou weer?”

Sa­ter­dag met die Su­per-eind­stryd was daar 60 000 toe­skou­ers op El­lis­park. Uit­ge­vat in hul rooi truie en brul­lend uit vol­le bors.

Hoe­veel van hul­le was vyf jaar ge­le­de daar toe die Leeus in die Su­per­rug­by-woes­tyn was en skaars 5 000 toe­skou­ers op­ge­daag het vir van hul niks­seg­gen­de vriend­skap­li­ke wed­stry­de? Die en­ke­le ou­ens wat hul hand kan op­steek, is die wa­re en groot on­der­steu­ners.

Hul­le is die ou­ens wat deur dik en dun by hul span staan en nie nou maar die laas­te jaar of twee as mooi­weer­son­der­steu­ners uit hul ga­te ge­kruip het nie. Hul­le sal ook die ou­ens wees wat op ’n koue en dalk nat win­ters­aand daar sal wees wan­neer hul span teen die G­rif­fons, Lui­perds of Val­ke speel en nie net gaan rug­by kyk wan­neer daar ’n Su­per-eind­stryd of groot krag­me­ting is nie.

Jy hoef nie iets be­lag­liks aan te vang of iets sim­pels op jou kop te dra of soos ’n nar te lyk om te be­wys jy is een van die groot­ste on­der­steu­ners van jou span nie. Wees net mee­le­wend met wat op al­le vlak­ke by jou u­nie aan­gaan en wees al daar vir die voor­wed­stry­de wan­neer die o.19’s en o.21’s speel.

Fo­to: DEON RAATH

El­lis­park was ver­le­de Sa­ter­dag ge­tooi in rooi, toe die Leeus gas­heer vir die Cru­sa­ders ge­speel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.