‘Ek ver­dien meer re­spek’

‘Ek is nie hier om vrien­de te maak’

Beeld - - Sport - An – Su­per­sport; The Gu­ar­di­

Die Suid-A­fri­kaan­se at­le­tiek­held Way­de van Nie­kerk sê hy ver­dien meer re­spek van sy me­de­din­gers.

Van Nie­kerk was Don­der­dag­aand ver­heug na­dat hy ’n sil­wer­me­dal­je in die 200 m-wed­loop by sy goue me­dal­je in die 400 kon voeg, maar het la­ter sy te­leur­stel­ling uit­ge­spreek oor uit­la­tings wat een van sy ver­naam­ste teen­stan­ders by at­le­tiek se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den ge­maak het.

I­saac Makwa­la van Botswa­na het ge­sê Van Nie­kerk was deel van ’n sa­me­swe­ring wat hóm (Makwa­la) ver­hoed het om in die 400-eind­ron­de te hard­loop.

Makwa­la is Dins­dag­aand die sta­di­on be­let om­dat hy ver­moe­de­lik ’n maag­vi­rus on­der le­de ge­had en ge­volg­lik on­der kwa­ran­tyn ge­plaas is. Makwa­la spog van­jaar met die der­de vin­nig­ste tyd ter wê­reld in die 400.

Van Nie­kerk het dié i­tem in sy af­we­sig­heid op ’n draf­stap ge­wen.

“Dit het my reg­tig ont­stel, ver­al om­dat ek nog al­tyd baie re­spek vir hom ge­had het. Vir hom om my naam aan iets ver­dags te heg is on­reg­ver­dig,” sê Van Nie­kerk.

“Ek het die af­ge­lo­pe twee jaar goeie ver­to­nings op die at­le­tiek­baan ge­le­wer, ver­to­nings wat ek dink meer re­spek van my teen­stan­ders reg­ver­dig.

“Ek is hier om deel te neem, nie om vrien­de te maak nie. Dit is ’n be­lang­ri­ke les vir my om op my­self te fo­kus en om nie toe te laat dat sul­ke ne­ga­tie­we din­ge my be­ïn­vloed nie,” sê hy.

Makwa­la, wat oor­spronk­lik ook deel­na­me aan die 200-uit­dun­ne ge­wei­er is, het Woens­dag­aand op sy eie ’n tyd­toets ge­hard­loop en kort daar­na twee­de in sy 200-half­eind­ron­de­uit­dun ge­ëin­dig om ’n plek in die eind­ron­de te be­spreek.

Hy het eg­ter net ses­de in die eind­ron­de ge­ëin­dig wat deur die Turk Ra­mil Gu­liy­ev in ’n tyd van 20.09 ge­wen is.

Van Nie­kerk, wat ge­poog het om Mi­cha­el John­son se pres­ta­sie in 1995 van wê­reld­ti­tels in die 200 én 400 na te doen, sê hy gaan nie gou weer sy vi­sier op dié goue dub­bel rig nie.

Vol­gens die Bloem­fon­tei­ner wil hy in die ko­men­de jaar eer­der op die kor­ter af­stan­de, die 100 en 200, fo­kus.

“Ek sal daar­van hou om op aan­staan­de jaar se S­ta­te­bond­spe­le aan die 100 en 200 deel te neem. Uit die aard van die saak sal ek in 400-wed­lo­pe in die Di­a­mant­li­ga-reeks moet hard­loop.

“Maar ons het nog nie so ver ge­dink nie. Ons het voor­lo­pig net ge­fo­kus op dub­be­le goud in Lon­den. Ná af­loop van die sei­soen sal ek en my af­rig­ter (Ans Bo­tha) kop­pe by­me­kaar­sit en oor die pad vo­ren­toe be­sluit,” sê hy.

Ver­heug oor sy sil­wer­me­dal­je in die 200 m.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.