Sa­ru oor­weeg kor­ter Cur­rie­be­ker­reeks in 2018

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

’n Ge­her­struk­tu­reer­de Suid-A­fri­kaan­se rug­by­sei­soen met ’n ver­kor­te Cur­rie­be­ker-reeks (CB­reeks).

Dít kan straks die roe­te wees wat die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) kies om se­ker te maak dat die C­hee­tahs en Sout­hern Kings se deel­na­me aan die Pro14-reeks die CB-reeks nie ver­der af­wa­ter nie.

“Daar is bot­sings met plaas­li­ke reek­se in die eer­ste jaar, maar ons sal dit bin­ne die vol­gen­de twee maan­de oor­brug met ’n her­struk­tu­re­ring van ons kom­pe­ti­sies in 2018,” het Roux met die amp­te­li­ke be­kend­stel­ling in Suid-A­fri­ka van die Pro14-reeks ge­sê.

“Die werk­lik­heid is dat die CB-reeks die oud­ste reeks ter wê­reld is en ho­pe­lik het ons op 29 Au­gus­tus ná ’n ver­ga­de­ring van ons fran­chi­se- en nie-fran­chi­se­ko­mi­tees ’n antwoord oor hoe dit tus­sen an­der reek­se ge­struk­tu­reer sal word.”

Roux het by­ge­voeg dat deel­na­me aan in­ter­na­si­o­na­le reek­se met op­of­fe­rings ge­paard gaan.

“Moont­lik kan daar slegs een eer­der as twee ron­des van krag teen krag wees,” sê hy.

“Ons het ver­plig­tin­ge teen­oor die Pro14- en Su­per­reek­se wat eer­bie­dig moet word. Daar sal moont­lik ver­kor­tings aan an­der reek­se wees so­dat hul­le ge­ske­du­leer kan word. Dit sal tus­sen­tyds wees om­dat Wê­reld­rug­by se ka­len­der van 2021 ver­an­der en tot 2032 sal geld.

“Selfs al lyk dit nie so nie, is ’n ver­an­de­ring van ’n maand ’n groot skuif om­dat dit ’n groot im­pak het op hoe ons ons reek­se kan struk­tu­reer.”

Soos sa­ke staan, sal die SuidA­fri­kaan­se span­ne wat in die Pro14-reeks gaan speel – die C­hee­tahs en Sout­hern Kings – se ver­plig­tin­ge in Sep­tem­ber en Ok­to­ber met die CB-reeks oor­vleu­el.

Dis ver­al van toe­pas­sing op die C­hee­tahs, wat in die P­re­mier­liga speel en die ver­de­di­gen­de CB-kam­pi­oen is.

■ In­tus­sen het die Wal­lie­se sen­ter Jo­na­than Da­vies, ’n uit­blin­ker in die B­rit­se en Ier­se Leeus se toer na Nieu-See­land van­jaar, ge­sê dat spe­lers in die Noor­de­li­ke Half­rond die toe­voe­ging van Suid-A­fri­kaan­se span­ne in die Pro14-reeks ver­wel­kom.

“El­ke toets teen Suid-A­fri­ka is ’n taaie en om ook nou ’n SuidA­fri­kaan­se geur­tjie aan ons li­ga te hê, is baie goed vir ons. SuidA­fri­ka, soos el­ke an­der een wie se span­ne in die Pro14-reeks gaan speel, is ’n trot­se rug­by­na­sie,” sê Da­vies.

“Om twee span­ne te hê wat aan Su­per­rug­by bloot­ge­stel is, kan in my oë nét ’n goeie ding wees.”

Da­vies speel vir die S­car­lets, die Wal­lie­se span wat van­jaar die Pro12-reeks ge­wen het deur Ras­sie Eras­mus se Mun­ster met 46-22 in die eind­stryd te klop.

Die S­car­lets be­gin die ver­de­di­ging van hul ti­tel op 2 De­sem­ber teen die Kings in Lla­nel­li, Wal­lis.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Wal­lie­se sen­ter Jo­na­than Da­vies praat gis­ter met die me­dia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.