Voor­kom slag­ga­te wan­neer jy huis skou

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief E­lek­tro­nie­se toe­rus­ting is ’n groot lok­aas vir skou­dag­skelms. Sluit jou­ne toe!

Die mees­te ver­ko­pers be­stee baie tyd en doen baie moei­te om hul hui­se ge­reed te maak vir skou­dae, maar hul­le moet ook dink aan hoe hul­le hul­self en hul be­sit­tings vei­lig gaan hou ter­wyl die ei­en­dom oop vir die pu­bliek is.

“Voor­ne­men­de ko­pers is nie die e­nig­ste men­se wat ’n ad­ver­ten­sie lees of ’n Te koop-bord sien nie. Skelms en in­bre­kers sien dit ook en daar­om moet ver­ko­pers uit die staan­spoor gren­se stel en die hulp van hul a­gen­te kry om dit af te dwing,” sê Gerhard Kot­zé, be­stu­ren­de di­rek­teur van die Re­alNet-eien­doms­groep.

“By­voor­beeld, dit is nooit aan­vaar­baar dat ’n vreem­de­ling on­ver­wags by jou huis op­daag en pro­beer in­kom om­dat hy die bord bui­te ge­sien het en be­weer dat hy ’n ei­en­dom in die a­rea soek nie.

“Jy be­hoort hul­le nooit te laat in­kom nie. Dit maak nie saak wat hul­le sê of hoe sjar­mant hul­le voor­kom nie.

“Ver­wys hul­le na jou a­gent en ver­dui­de­lik dat al­le voor­ne­men­de ko­pers ge­vra word om af­spra­ke te maak om jou ei­en­dom te be­sig­tig en dat hul­le slegs toe­gang sal kry as hul­le deur jou a­gent ver­ge­sel word.

“Daar­be­ne­wens be­hoort jy jou a­gent te vra om e­nig­ie­mand wat jou huis kom be­sig­tig voor­af te kwa­li­fi­seer deur hul ba­sie­se i­den­ti­teit, kre­diet­waar­dig­heid en werk­sta­tus na te gaan.

“E­nig­ie­mand met mis­da­di­ge be­doe­lings sal nie deur hier­die pro­ses wil gaan nie, wat jou en jou a­gent baie tyd sal spaar – ook deur men­se uit te ska­kel wat nie in ’n gel­de­li­ke po­si­sie is om die huis te koop nie.”

As jy om wel­ke re­de ook al ’n be­sig­ti­ging son­der jou a­gent moet doen, sê Kot­zé, be­hoort jy voor­af te re­ël dat jou met­ge­sel of ’n vriend ter­self­der­tyd daar sal wees.

“Pro­beer ook om jou ei­en­dom slegs be­dags te wys en maak se­ker jy het jou sel­foon en nood­knop­pie in jou sak. Trek een­vou­dig aan en moe­nie e­ni­ge duur ju­we­liers­wa­re dra nie.

“Dit klink dalk ’n bie­tjie pa­ra­no­ïes, maar om op jou hoe­de en wak­ker te wees, kan voor­kom dat jy in ’n kwes­ba­re si­tu­a­sie be­land.

“Jy be­hoort ook nie te ont­span net om­dat ie­mand op­daag in ’n def­ti­ge mo­tor, of met ’n ge­sin of ’n in­druk­wek­ken­de be­sig­heids­kaart­jie nie. Be­drie­ërs kom in baie ge­daan­tes.”

As jy nie reeds een het nie, sê Kot­zé, is nou ’n goeie tyd om ’n vei­lig­heid­stel­sel met vi­de­o­be­wa­kings­ka­me­ras te laat in­stal­leer – en bor­de voor aan te bring wat dit ad­ver­teer.

“Dit sal nie net jou vei­lig­heid ver­be­ter nie, maar ook die her­ver­koop­waar­de van jou ei­en­dom – en dit sal e­ni­ge mis­da­di­ger twee keer laat dink voor­dat hy sy skelm­stre­ke op jou skou­dae pro­beer uit­haal.

“En van skou­dae ge­praat, dit is raad­saam om al­le kos­ba­re be­sit­tings, pri­va­te do­ku­men­te en me­di­ka­sie uit die kas­te of laaie te haal en in ’n kluis of op ’n an­der vei­li­ge plek toe te sluit. Moet ook nie skoot­re­ke­naars, sel­fo­ne of an­der duur toe­rus­ting laat rond­lê nie.

“Mis­da­di­gers sal soms na ’n skou­dag kom nie om self iets te steel nie, maar om op te tree as ’n in­for­mant vir an­der wat be­plan om la­ter by jou huis in te breek en wil weet waar jy al jou waar­de­vol­le be­sit­tings hou,” sê Kot­zé.

“An­der ke­re sal hul­le net steel wat hul­le kan wat her­ver­koop­waar­de het. As jy of jou a­gent ver­moed dat ie­mand iets ge­vat het, is dit be­lang­rik dat jul­le hul­le nie kon­fron­teer of die i­tem pro­beer te­rug­vat nie.

“Ver­laat lie­wer die ei­en­dom en ska­kel on­mid­del­lik die po­li­sie en jou vei­lig­heids­maat­skap­py.”

Vol­gens Kot­zé is daar ook ’n paar an­der voor­sorg­maat­re­ëls wat jy kan tref om se­ker te maak jou skou­huis is vei­lig vir die reg­te ko­pers.

Eer­stens be­hoort jy al­les weg te bê­re wat ge­vaar­lik kan wees vir kin­ders wat ver­veeld raak ter­wyl hul ou­ers na die ei­en­dom kyk en op hul eie be­gin weg­dren­tel.

As jy ’n swem­bad het, be­hoort jy die hei­ning se hek te sluit of se­ker te maak dat die vei­lig­heids­net dit be­dek en is be­hoor­lik vas­ge­maak.

“Daar­be­ne­wens moet jy se­ker maak dat geen speel­goed, fiet­se of ge­reed­skap op die paad­jie voor jou voor­deur lê nie, of dat daar geen los of an­der mat­te of nat vloe­re bin­ne is waar­op ie­mand kan strui­kel of gly nie,” sê Kot­zé.

“Les bes, as jy hon­de het, maak se­ker dat hul­le vei­lig toe­ge­maak is voor­dat e­nig­ie­mand op­daag – of, nog be­ter, los hul­le by vrien­de of fa­mi­lie vir die dag. Die laas­te ding wat jy wil hê, is dat ie­mand seer­kry ter­wyl hy na jou huis kom kyk.”

■ Kontak Kot­zé by 012 460 1655 of gerhard@re­alnet.co.za of be­soek www.re­alnet.co.za vir meer in­lig­ting.

Die laas­te ding wat jy wil hê, is dat ie­mand seer­kry ter­wyl hy na jou huis kom kyk.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.