Groen­te­tuin kan huis se waar­de laat styg

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief

’n Uit­vloei­sel van die so­ge­naam­de “groen-re­vo­lu­sie” is die groei­en­de ten­dens van ge­sin­ne wat hul eie voed­sel pro­du­seer, on­der meer deur ’n groen­te­tuin aan te plant, sê Richard Gray, be­stuurs­hoof van Har­courts A­fri­ca.

Maar kan dié toe­voe­ging waar­de tot jou ei­en­dom voeg en die waar­de ver­hoog wan­neer jy wil ver­koop?

Gray sê ’n mooi tuin is on­ge­twy­feld ’n plus­punt. In die Ver­e­nig­de Ko­nink­ryk kan ’n goed ver­sorg­de tuin tot 20% tot ’n ei­en­dom se waar­de voeg.

“Na­ma­te ver­brui­kers hul­self ver­der op­voed om­trent die voor­de­le van hier­die leef­styl, sal die vraag na hier­die ken­mer­ke bly styg. Ons het reeds ’n be­hoef­te by mil­len­ni­ër­ko­pers ge­ï­den­ti­fi­seer vir hui­se met ver­be­ter­de e­ner­gie­doel­tref­fen­de stel­sels en grys­wa­ter­in­stal­la­sies.”

Gray gee die vol­gen­de rig­ly­ne om te help sorg dat jou tuin nie net funk­si­o­neel is nie, maar ook aan­lok­lik lyk:

■ Plant va­ri­ë­tei­te aan wat jou ge­sin die mees­te eet.

■ ’n Grys­wa­ter­stel­sel is ’n won­der­li­ke ma­nier om die ver­ant­woor­de­li­ke ge­bruik van wa­ter en die vol­hou­baar­heid van die tuin te ver­se­ker.

■ ’n Net­jie­se tuin wat goed in stand ge­hou is, met ti­pes groen­te wat dui­de­lik ge­merk is, is merk­baar gro­ter in aan­vraag.

■ Om die a­rea toe te kamp kan die spek­trum van voor­ne­men­de ko­pers ver­breed, aan­ge­sien hul­le kin­ders of die­re kan hê wat die tuin kan be­ska­dig.

“Soos met die mees­te op­gra­de­rings aan jou ei­en­dom, moet jou som­me reg wees. As jy baie gaan be­stee en on­re­a­lis­tie­se op­brengs­te ver­wag, gaan jy dalk te­leur­ge­stel word,” maan Gray.

Fo­to: iSTOCK

Al hoe meer ge­sin­ne pro­du­seer hul eie voed­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.