Speel kaar­te reg vir ver­band

Beeld - - Huisgids -

Om vir ’n de­po­si­to te spaar, is nie die e­nig­ste fi­nan­si­ë­le oor­we­ging vir voor­ne­men­de huis­ei­e­naars nie. Vol­gens A­dri­an Gos­lett, be­stuurs­hoof van Re/Max van Sui­der-A­fri­ka, is daar ’n klom­pie dwa­se fou­te wat voor­ne­men­de ko­pers kan maak wat hul voor­uit­sig op huis­ei­e­naar­skap erns­tig kan be­na­deel.

Soek jy huis, sê Gos­lett, moet jy die vol­gen­de ver­my:

■ Moe­nie jou kre­diet­tel­ling laat daal nie. ’n Goeie kre­diet­tel­ling sal jou kans op ver­band­goed­keu­ring ver­be­ter en dit sal ’n rol speel in die ren­te­koers wat die bank toe­staan.

■ Ver­my by­ko­men­de skuld. Moe­nie vir by­ko­men­de kre­diet soos win­kel­re­ke­nings aan­soek doen nie. Veel­vou­di­ge kre­diet­na­vrae sal ’n ne­ga­tie­we im­pak op jou kre­diet­tel­ling hê.

■ Ver­my die drang om te ver­kwis. Moe­nie in die huis­koop­pro­ses groot, kre­diet­ge­dre­we i­tems soos ’n mo­tor aan­skaf nie. S­wig jy, sal dit jou kan­se op ver­band­goed­keu­ring be­ïn­vloed, as­ook die ver­band­be­drag ver­laag.

■ Moe­nie van werk ver­an­der nie. Uit­le­ners ver­kies ap­pli­kan­te wat ’n vas­te, sta­bie­le in­kom­ste het. Die tyd­perk wat jy by ’n werk­ge­wer is, word in ag ge­neem.

■ Moe­nie tot die mak­si­mum van jou li­miet koop nie. Ont­hou, die kos­te van huis­ei­e­naar­skap be­hels baie meer as net die ver­band­paai­e­ment.

■ Vir meer in­lig­ting be­soek www.re­max.co.za

’n Goeie kre­diet­tel­ling ver­hoog jou kans op ver­band­goed­keu­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.