Way­de: ‘Dít het my ont­stel’

‘Ek ver­dien wat ek be­reik het’

Beeld - - Voorblad - Kay­de­ne Da­vids Lees ook die be­rig op bl. 40 van S­port.

Nie­mand wil voor hul teen­stan­ders en wat nog te sê die he­le wê­reld huil nie, maar sy dink hy was op daar­die tyd­stip ver­skrik­lik seer­ge­maak.

So sê O­des­sa Swarts, Way­de van Nie­kerk se ma, na­dat die goue seun van Bloem­fon­tein in tra­ne uit­ge­bars het in ’n on­der­houd met BBC S­port.

Dié on­der­houd is Don­der­dag­aand ge­voer kort na­dat Van Nie­kerk ’n sil­wer­me­dal­je in die 200 m-wed­loop op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se wê­reld­by­een­koms in Lon­den ver­o­wer het.

Van Nie­kerk het ná so­wat tien se­kon­des in die on­der­houd sy rug na die ka­me­ra ge­draai en eers ná so­wat 30 se­kon­des tot ver­haal ge­kom.

Swarts sê as ma het dit haar hart in stuk­kies ge­breek.

“Ek het soos die res van die wê­reld tra­ne in my oë ge­had toe ek sien hoe seer­ge­maak en broos my kind was. Hy was baie seer­ge­maak en as ma het dit my hart ge­breek.”

Sy sê haar seun is ’n ver­skrik­li­ke sag­te mens wat an­der men­se voor hom­self stel.

Vol­gens Swarts is Van Nie­kerk seer­ge­maak na­dat I­saac Makwa­la van Botswa­na glo ge­sê het hy (Van Nie­kerk) was deel van ’n sa­me­swe­ring wat hom ver­hin­der het om in die 400 m­eind­ron­de te hard­loop.

“Dit het ver­al diep ge­sny om­dat Way­de en I­saac ’n pad saam ge­stap het. Hy het net nou die dag ge­sê hoe jam­mer hy vir I­saac voel en hoe hy sy arms om hom wil gooi. As hy kon, sou hy sy goue me­dal­je aan hom gee.”

’n E­mo­si­o­ne­le Van Nie­kerk het in die on­der­houd on­der meer ge­sê dat dit slegs die be­gin van so­veel meer is wat hy nog kan be­reik.

“Ek voel dat ek reg­tig baie hard vir van­aand ge­werk het. Ek het my al­les in­ge­sit.

“Ek dink ek het oor en oor be­wys ek ver­dien wat ek be­reik het.

“Dit was ’n moei­li­ke week vir my en ook ná die 400 m-wed­loop was daar ver­skeie men­se wat ge­voel het ek ver­dien dit nie. Ek is bly dat ek van­dag ’n ‘goeie ge­veg’ op­ge­sit het.”

Hy sê hy werk net so hard soos e­ni­ge van sy an­der teen­stan­ders en be­toon aan al­mal re­spek.

“Ek dink ek het nie die re­spek ge­kry wat ek ver­dien het ná die 400 m-wed­loop nie. Ek is bly dat ek van­dag ’n goeie wed­loop ge­hard­loop het en soos ek ge­sê het, is dit slegs die be­gin van wat ek nog kan gee.

“Ek gaan so­veel har­der werk om my oor­heer­sen­de po­si­sie te wys.”

C­he­sney Camp­bell, Van Nie­kerk se ver­loof­de, het gis­ter­mid­dag ge­twiet: “Hul­le praat sleg van jou, maar jy het hul­le ge­wys hoe goed jy is en dan ver­ge­we jy hul­le boon­op ook. Jy is ’n on­ge­loof­li­ke mens – op en van die baan.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Way­de van Nie­kerk vier sy sil­wer­me­dal­je na­dat hy twee­de plek in die 200 m­eind­ron­de ver­o­wer het op die IAAF se wê­reld­by­een­koms in Lon­den.

Fo­to: REUTERS

Way­de van Nie­kerk in ek­sta­se na­dat hy sil­wer in die 200 m­wed­loop op die IAAF se wê­reld­by­een­koms in Lon­den ver­o­wer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.