Die volk se siel­kun­di­ge

Prof. Wil­helm Jor­daan skryf van­jaar al 30 jaar on­af­ge­bro­ke sy ge­wil­de ru­briek op Woens­dae vir Beeld. Jo­han­nes Fro­ne­man het met hom ge­sels.

Beeld - - Voorblad - WIL­HELM JOR­DAAN

‘Jy is die mees be­gin­sel­lo­se mens wat ek ken,” sê ’n vrien­din by ge­leent­heid vir Wil­helm Jor­daan. Moei­lik om te glo as jy sy ru­brie­ke in Beeld lees. Soe­kend dalk, maar be­gin­sel­loos? Hoe kan mens oor drie de­ka­des heen iets te sê hê as jy soos ’n boot­jie in die see rond­dob­ber?

Die ske­we op­mer­king het dalk be­doel om te sê: Jy is on­voor­spel­baar. Of dalk het dit bloot ver­wys na sy be­vraag­te­ke­ning van ge­yk­te waar­he­de. Hoe ook al, Wil­helm het hom aan­vank­lik ef­fe ont­stel, maar gou be­sef hy kan met die on­der­lig­gen­de kom­pli­ment saam­leef. Ook hier waar hy die sto­rie ja­re la­ter aan my sit en ver­tel, gee hy toe hy het nie oor al­les en nog wat ’n vas­te stand­punt nie. Ook nie oor God nie.

Hier­die soe­ken­de di­men­sie van sy mens­wees be­te­ken hy ver­kwan­sel nie goed­koop re­sep­te aan sy le­sers nie. Dit was nog al­tyd – nou reeds vir drie de­ka­des – sy be­na­de­ring as ru­briek­skry­wer. En toe daar ge­praat is in die rig­ting van ’n vraag-en-antwoord-ru­briek, het hy gou ge­keer. Dis nie sy ding om stel­li­ge raad uit te deel nie.

Toe hy des­tyds, in 1987, deur Wil­lie K­ühn ge­vra is om vir Beeld te be­gin skryf, het hy die siel­kun­de as ken­nis­bron ge­bruik. Dit was im­mers sy vak, die ter­rein wat hy aan U­ni­sa ge­do­seer het. Maar uit die staan­spoor was sy aan­slag nie “a­ka­de­mies” nie. Dit was ook re­dak­teur Wil­lem We­pe­ner se uit­druk­li­ke voor­waar­de. Hy moes selfs ’n proe­f­ru­briek skryf om die knor­ri­ge re­dak­teur met ’n ge­son­de af­keer van hoog­dra­wend­heid te oor­tuig dat dit lees­baar sal wees. Dit was oor Hump­ty Dump­ty wat par­man­tig aan A­li­ce (in Won­der­land) ge­sê het: “Ek sal ’n woord laat be­te­ken wat ek hom wil laat be­te­ken.”

Dalk het We­pe­ner nie be­sef dat Wil­helm da­rem in die joer­na­lis­tie­ke prak­tyk ge­skool was nie. En dat hy al­ler­mins ’n be­ter­we­te­ri­ge pro­fes­sor was.

’n On­ge­luk en ’n skaap­kop

Reeds se­dert 1961 het Wil­helm, boor­ling van Bloem­fon­tein en stu­dent aan Ko­v­sies, va­kan­sies in Volks­blad se re­dak­sie as leer­ling­ver­slag­ge­wer deur­ge­bring. La­ter het hy heel­tyds vir die koe­rant ge­werk, tot 1968, toe hy be­sef het sy heil lê el­ders.

Een weer­ga­we wat as re­de vir sy weg­gaan oor­ver­tel is, is dat hy ’n vlieg­tuig­on­ge­luk té gra­fies be­skryf het en dat dit hom he­wig ont­stel het. Maar die eint­li­ke re­de was dat hy nie juis be­lang ge­stel het in die po­li­tiek wat in daar­die ja­re deur die koe­rant be­dryf is nie. En son­der ’n en­toe­si­as­me daar­voor, het geen joer­na­lis ’n toe­koms by die A­fri­kaan­se koe­ran­te van des­tyds ge­had nie.

Hy kon wel voort­gaan om stoep­sto­ries te skryf, daar­die kleur­vol­le be­rig­te wat koe­ran­te graag on­der­aan die voor­blad ge­bruik en waar­in Wil­helm heel be­dre­we was. Maar dit sou jou nie ver bring nie.

Een so ’n sto­rie het toe nié die koe­rant ge­haal nie, is ja­re la­ter wel deur Wil­helm oor­ver­tel. Die aan­ge­we­se staats­pre­si­dent Jim Fou­ché was laat vir hul af­spraak en het ver­sko­ning ge­maak: “Jam­mer ek is laat, maar ek moes eers my skaap­kop in die stu­deer­ka­mer op­eet. My vrou wil mos nie hê ek moet dit hier by die blink ta­fels met my knip­mes sit en eet nie,” ver­dui­de­lik Fou­ché.

Die jon­ge Wil­helm vra uit: Waar die skaap­kop van­daan kom en so meer. Hy gaan te­rug kan­toor toe en skryf sy sto­rie. Maar Bart Zaai­man, die re­dak­teur, vind die sto­rie nie bruik­baar nie. “Dit pas nie by die sta­tuur van die amp nie,” was sy oor­deel.

Le­we ’n ver­bor­ge ge­skenk

En so be­land Wil­helm ná ver­de­re stu­die as do­sent by U­ni­sa, waar hy ge­bly het tot met sy ef­fe voor­ty­di­ge af­tre­de op 60. Hy ver­dui­de­lik dat die siel­kun­de ’n “fan­tas­tie­se vak” is, maar dat daar soms ’n be­hept­heid met pa­to­lo­gie is, dus wat “ver­keerd” is. Dit fo­kus te eng op die in­di­vi­du. Dáá­rin het hy ’n “on­be­haag­lik­heid” ont­wik­kel, so­ver te­rug as 1987 toe hy met die ru­briek­skry­we­ry be­gin het.

“Ek glo vas die krag vir he­ling en ge­ne­sing lê in die mens. Men­se moet hul eie krag ont­dek om ’n an­der le­we te lei,” ver­dui­de­lik hy. In ’n ru­briek waar­sku hy só teen re­sep­te vir ge­luk:

“Dit is in­der­daad waar dat po­si­tie­we den­ke jou kan help om suk­ses­vol te wees,” sê hy, maar maan teen ’n oor­ver­een­vou­di­ging. Die “trek­pleis­ter­wet”, dit wil sê die i­dee dat jy al die goeie en sleg­te in jou le­we na jou­self aan­ge­trek het, is eint­lik “gif vir die gees”.

Wil­helm on­der­skryf lie­wer die ge­dag­te dat ons vol­uit mens moet wees en le­wen­sin vind “bin­ne die raam­werk van jou

Die le­we is nie ’n gek, be­treu­rens­waar­di­ge eks­pe­ri­ment nie, maar ’n ver­bor­ge ge­skenk.

mens­li­ke mon­de­ring – wat ook in­sluit al die on­ge­luk­kig­heid, pyn, ly­ding, seer­kry en te­leur­stel­ling wat oor jou pad kom.

Jy moet snap dat die le­we “nie ’n gek, be­treu­rens­waar­di­ge eks­pe­ri­ment vol­gens die een of an­der wet is nie, maar ’n ver­bor­ge ge­skenk wat jy met an­der deel en wat jou le­we ver­ryk.

“Hie­rin is daar nie spra­ke van ’n ge­heim wat ie­mand eks­klu­sief ont­dek het en dan ruim­har­tig teen ’n wins ver­koop nie.

“Trou­ens, die i­dee van ’n ver­han­del­ba­re be­mark­ba­re ge­heim tas die we­se van ’n ge­heim aan, naam­lik dat dit iets is wat in­he­rent ver­bor­ge is,” for­mu­leer hy sy stand­punt.

Nie lank ná sy “af­tre­de” nie vra die des­tyd­se RAU hom om ’n na­graad­se kur­sus aan te bied oor na­vor­sings­pa­ra­dig­mas in die mens­we­ten­skap­pe en daar­na volg ’n ge­leent­heid by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria om daar­mee voort te gaan. Nou kon hy din­ge aan­bied waar­voor hy nooit die ge­leent­heid by U­ni­sa ge­had het nie.

Self­ver­staan lei tot ge­ne­sing

Hier werk hy, op 74-ja­ri­ge ou­der­dom, steeds op sy ma­nier met hon­neurs- en ma­gis­ter­stu­den­te in die siel­kun­de. Reeds in 2004 het Tuk­kies sy ver­bin­te­nis met hul­le met ’n bui­te­ge­wo­ne pro­fes­so­raat be­ves­tig.

Hy ver­dui­de­lik hoe hy uit die staan­spoor vir die stu­den­te sê dat daar ’n in­for­me­le siel­kun­de is, ’n “volk­siel­kun­de”. Dit is men­se se eie ver­staan van hul­self. En dit is net so be­lang­rik as ’n we­ten­skap­li­ke ver­staan van men­se.

“Die self­ver­staan is die ba­sis van hul ge­ne­sing. Ek wil stu­den­te dit laat ver­staan. Let­ter­kun­di­ge wer­ke, mu­siek en rol­pren­te help ons daar­in,” ver­dui­de­lik Wil­helm.

“Dit werk een­vou­dig fan­tas­ties. Dis as­of die stu­den­te iets sien wat hul­le nog nooit ge­sien het nie.”

Uit die staan­spoor sou hy op vier din­ge in sy ru­brie­ke fo­kus: men­se se ver­hou­ding met hul­self, met an­der, met die ge­meen­skap en met die Groot Mis­te­rie. Om in­houd aan hier­die voort­gaan­de ge­sprek te gee, het hy deur die ja­re ge­dag­tes uit ver­al die te­o­lo­gie, fi­lo­so­fie en let­ter­kun­de (sy “aan­ver­wan­te be­lang­stel­lings”) in­ge­werk.

Sy ru­brie­ke is ook meer as een keer ge­bun­del, on­der meer in 2011 on­der die ti­tel S­pits­tyd. Daar­in word uit­ge­soek­te ru­brie­ke in vier af­de­lings in­ge­deel, soos hy dit uit die staan­spoor be­dink het.

On­der­lig­gend aan sy den­ke is ’n ste­wi­ge in­vloed van NP van Wyk Louw. Louw se stand­punt oor wat ’n in­tel­lek­tu­eel is, is op Wil­helm se druk­ker ge­plak: “In­tel­lek­tu­e­le is nie nood­wen­dig ge­leer­de men­se nie, maar men­se wat be­reid is om re­de­lik te dink oor moei­li­ke, be­lang­ri­ke le­wens­kwes­sies; men­se wat bil­lik oor­deel oor an­der; aar­se­lend ver­oor­deel; en bie­tjie meer self­kri­tiek op jou eie mening toe­pas,” pa­ra­fra­seer Wil­helm dit.

“As jy dit doen, dwing jy jou­self om te vra: ‘Is ek bil­lik’. Jy kyk na die grow­we kan­te van jou ar­gu­ment. Dit dwing jou om bre­ër te kyk. Die fi­lo­soof T­ho­mas Na­gel noem dit ’n ‘view from no­w­he­re’. Dis vir my ’n kos­ba­re be­grip. Dit be­te­ken nie ‘van nê­rens’ nie. Maar jy neem nie on­mid­del­lik ’n vas­te stand­punt in nie.”

Hier­die ruim­heid be­vor­der hy in die ru­brie­ke wat deur die ja­re ver­skeie ke­re van leng­te en plek in die koe­ran­te ver­an­der het.

Tel­kens vra dit nog­al ’n aan­pas­sing, sê Wil­helm. Maar hy het nog nooit ge­wor­stel met i­dees nie. “As ek net die eer­ste pa­ra­graaf reg het, kan ek maar aan­gaan.”

Die mis­tiek van va­der­skap

Dit help ook om ’n goeie ge­heue te hê. Aan­ha­lings uit die let­ter­kun­de ver­ryk sy ru­brie­ke soom­loos.

So ook die per­soon­li­ke her­in­ne­rin­ge wat soms kleur gee aan ’n die­per ge­dag­te.

Hy skryf by­voor­beeld nos­tal­gies oor hand­skrif­te, oor sy pa se brief in “ferm, vloei­en­de hand” aan hom (“My lie­we seun, ek glo jy sal jou ge­loof be­hou”), sy vrou se mooi hand­skrif, “soos bid­den­de non­ne­tjies voor­oor ge­buig teen die wind”, en die af­wag­ting wat met des­tyd­se slak­ke­pos ge­paard ge­gaan het.

Hy her­in­ner hom ook aan sy hand­skrif as kind waar­aan die juf­frou ge­meen het iets ge­doen moet word. Toe skryf sy hom in vir ’n koe­rant­kom­pe­ti­sie en hy oe­fen die voor­ge­skre­we Psalm 23 oor en oor – so goed dat hy ’n prys wen. En die psalm van hom “be­sit ge­neem” het.

So ver­tel hy ook hoe hy sy toe­koms­ti­ge vrou, Jackie, des­tyds na ’n te­a­ter saam­ge­neem het om na ’n drie uur lan­ge rol­prent oor die Sok­ker­wê­reld­be­ker van 1970 te kyk. “Ek had ’n pas­sie om te gaan kyk en net so ’n bran­den­de pas­sie om die vrou wat ek lief­ge­kry het dáár aan my sy te hê – doel­ge­rig as ‘t wa­re.”

Jackie het Wil­helm se en­toe­si­as­me vir die sok­ker – ook sy be­won­de­ring vir die es­te­ti­ka daar­van! – met gra­sie ver­duur. En toe hul­le veer­tig jaar la­ter, in 2010, saam Wê­reld­be­kersok­ker kyk, het hul­le vir ’n oom­blik te­rug­ge­dink aan daar­die ef­fe vreem­de da­te van 1970.

Jackie was ’n we­du­wee met twee kin­ders toe hul­le by U­ni­sa se de­par­te­ment siel­kun­de ont­moet het en saam be­gin werk het. Hul­le is (met die de­par­te­ments­hoof se s­til­le goed­keu­ring) ge­troud en het saam nog twee kin­ders ge­kry, dus vier al­te­sa­me.

“Maar jy is da­rem trots op jou seun Wil­lem se re­dak­teur­skap by Die Bur­ger,” vra ek on­skul­dig. “Ja,” antwoord hy da­de­lik. “Maar ook op my án­der drie kin­ders.” Saam het hy en Jackie ook agt klein­kin­ders.

Hul­le lê hom al­mal baie na aan die hart. Hy dink na daar­oor, skryf daar­oor. Soos in die ru­briek “Die baie bo­te wat ’n pa is”. Die mis­tiek van va­der­skap ver­woord hy as volg:

As ek een­dag in die he­mel kom sal God die Va­der nie om­gee nie as ek my pa eer­ste groet soos al­tyd met ’n “Hei, Mis­ter!” want God weet ek het ook na hom ver­lang: Pa se boet.

Hy skryf meer­ma­le oor ge­loof. Hy praat ook ge­mak­lik daar­oor. Maar ge­yk­te beel­de laat hom baie vrae vra. Wan­neer hy dan op ’n be­graf­nis “Wat ’n vriend het ons in Je­sus” hoor, sê hy “ja”, maar dalk op an­der voor­waar­des.

Al­tyd deur­dag, i­ro­nies en soms me­lan­cho­lies. Maar nooit swaar­moe­dig nie. Dit is Wil­helm: den­ker, woord­kuns­te­naar, in­tel­lek­tu­eel en bo al­les mens.

Ek glo vas die krag vir he­ling en ge­ne­sing lê in die mens. Men­se moet hul eie krag ont­dek om ’n an­der le­we te lei.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Prof. Wil­helm Jor­daan werk op 74 steeds met hon­neurs­ en ma­gis­ter­stu­den­te in die siel­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.