So lyk Kim Jong­oen se slaan­krag

Kom­mer oor N­Ko­rea se mis­siel­krag

Beeld - - Voorblad -

Die VSA, Suid­Ko­rea en Ja­pan sal baie deeg­lik moet be­sin voor­dat hul­le be­sluit om ’n voor­sprin­g­aan­val op Noord­Ko­rea uit te voer, be­rig Sa­rel van der Walt.

Mil­joe­ne on­skul­di­ge bur­ger­li­kes kan in die kruis­vuur vas­ge­vang word in ’n aan­val op Noord-Ko­rea.

Om­dat daar baie min tyd sal wees om men­se voor so ’n voor­sprin­g­aan­val te ver­wy­der, kan groot ge­tal­le men­se aan al­bei kan­te sterf.

In die erg­ste ge­val kan ’n ho­pe­lo­se si­tu­a­sie ont­wik­kel, het ’n A­me­ri­kaan­se weer­mag­ken­ner in ’n on­der­houd met die TV-net­werk CNN ge­maan.

Praat­jies van oor­log tus­sen die VSA en Noord-Ko­rea het van­dees­week ver­skerp.

Ná ’n op­mer­king deur pres. Do­nald Trump dat die VSA ge­reed is om met “vuur en woe­de” op e­ni­ge be­drei­ging te re­a­geer, het Noord-Ko­rea ge­ant­woord hy be­plan om bin­ne­kort vier mid­del­af­stand­mis­sie­le af te vuur.

Dié mis­sie­le sal oor Ja­pan vlieg om 30 km tot 40 km van die A­me­ri­kaan­se ei­land Gu­am, na­by die Fi­lip­py­ne, in die S­til­le O­se­aan te be­land.

Jer­ry Hen­drix, af­ge­tre­de kap­tein in die A­me­ri­kaan­se vloot en se­ni­or na­vor­ser van die Cen­ter of New A­me­ri­can Se­cu­ri­ty, het aan CNN ge­sê ’n voor­sprin­g­aan­val kan be­staan uit ’n “vin­ni­ge en veel­vou­di­ge aan­val” om­dat dié ge­veg reeds in die eer­ste mi­nuut ge­de­fi­ni­eer sal wees.

So ’n o­pe­ra­sie kan ver­skeie stra­te­gieë in­sluit.

Die doel sal wees om Noor­dKo­rea se ver­moë om hom­self te ver­de­dig en met teen­aan­val­le te be­gin, te neu­tra­li­seer.

Noord-Ko­rea het ’n “re­la­tief for­mi­da­be­le” grond-tot-lug-mis­siel­ver­de­di­gings­ver­moë.

Maar die VSA het groot slaan­krag:

■ A­me­ri­kaan­se S­te­alth F-22-, F35en B-2-bom­wer­pers sal moont­lik die aan­slag lei.

■ Hul­le kan on­der­steun word deur Ja­pan­se en Suid-Ko­re­aan­se F15- of F16-veg­vlieg­tuie. On­be­man­de vlieg­tuie kan ook ge­bruik word.

■ Die A­me­ri­ka­ners sal moont­lik voor so ’n aan­val by­ko­men­de vlieg­tuie na die streek bring.

■ Die A­me­ri­ka­ners het twee groot lug­mag­ba­sis­se in Suid-Ko­rea.

■ F16- en A10-“tenk­ver­woes­ters” ge­bruik die O­san-lug­mag­ba­sis, ter­wyl daar ook F16’s van die Kunsan-lug­mag­ba­sis af vlieg.

■ B-1-, B-2- en B52-bom­wer­pers kan van die ei­land Gu­am, waar die A­me­ri­ka­ners ’n groot vloot­ba­sis het, ont­plooi word.

Ter­wyl die A­me­ri­ka­ners en hul bond­ge­no­te se vlieg­tuie se­ke­re voor­af­be­paal­de tei­kens in Noor­dKo­rea ver­nie­tig, kan A­me­ri­kaan­se oor­log­ske­pe in die om­ge­wing To­ma­hawk-mis­sie­le laat neer­re­ën op die Noord-Ko­re­aan­se mis­siel­stel­lings, lug­ver­de­di­ging­stel­sels en stel­lings waar kern­wa­pens ge­lan­seer kan word, vol­gens Hen­drix.

Die A­me­ri­kaan­se vloot het tien mis­siel­ge­lei­de krui­ser- en ge­veg­ske­pe in Ja­pan ge­ba­seer.

Dié ske­pe is toe­ge­rus met To­ma­hawk-mis­sie­le vir aan­val­le en die Ae­gis-mis­siel­ver­de­di­ging­stel­sel wat ge­bruik kan word om Noord-Ko­re­aan­se mis­sie­le te on­der­skep.

Noord-Ko­rea sal waar­skyn­lik nie bloot toe­kyk hoe hul­le aan­ge­val word nie.

Hul­le het reeds dui­sen­de ka­non­ne op­ge­stel wat Suid-Ko­rea se hoof­stad, Se­oel, wat en­ke­le ki­lo­me­ters van die grens met Noor­dKo­rea is, bin­ne twee uur aan flar­de kan skiet.

■ Met kon­ven­si­o­ne­le pro­jek­tie­le het die 170 mm-Kok­san-ka­non ’n reik­af­stand van so­wat 40 km.

■ Van die an­der ka­non­ne kan tei­kens tot 60 km ver tref.

Die A­me­ri­kaan­se tyd­skrif The Na­ti­o­nal In­te­rest, wat op in­ter­na­si­o­na­le sa­ke fo­kus, sê in ’n ar­ti­kel die A­me­ri­kaan­se en Suid-Ko­re­aan­se mag­te kan dié ka­non­ne e­li­mi­neer, maar teen daar­die tyd sal groot ver­woes­ting reeds ge­saai wees – ver­al as die Noor­dKo­re­a­ne che­mie­se plof­kop­pe ge­bruik.

Die land het ’n groot voor­raad che­mie­se wa­pens.

Boon­op het hy so­wat 200 000 spes­mag­le­de wat A­me­ri­kaan­se en Suid-Ko­re­aan­se tei­kens in SuidKo­rea kan aan­val.

As die twee lan­de op kon­ven­si­o­ne­le wy­se sou slaags raak, be­hoort Suid-Ko­rea met sy mo­der­ner weer­mag sy noor­de­li­ke buur­man tot oor­ga­we te dwing om­dat dié nog hoof­saak­lik Sow­jet-wa­pen­tuig van die 1950’s en 1960’s ge­bruik.

Om vir dié ag­ter­stand te ver­goed, het Noord-Ko­rea oor die ja­re heen baie geld be­lê in die op­lei­ding van spes­mag­le­de.

Hul­le hoop om Suid-Ko­rea deur ge­hei­me ton­nels en klei­ner duik­bo­te te in­fil­treer.

Die Noord-Ko­re­a­ne hét ’n ku­ber­ver­moë, maar die om­vang daar­van is nie be­kend nie.

Dit is on­waar­skyn­lik dat hul­le op dié ge­bied die­self­de ver­moë as Rus­land en C­hi­na het. Tog sal Noord-Ko­rea waar­skyn­lik SuidKo­rea se be­vel-en-be­heer-ver­moë kan ont­wrig as die Suid-Ko­re­a­ne nie be­hoor­li­ke maat­re­ëls ge­reed het nie.

Die A­me­ri­ka­ners en Suid-Ko­re­a­ne is ook deeg­lik be­wus daar­van dat Noord-Ko­rea ’n be­te­ke­nis­vol­le mis­siel­ver­moë het wat hy met die hulp van die Rus­se en die C­hi­ne­se ont­wik­kel het.

Vol­gens waar­ne­mers het Noord-Ko­rea meer as 600 kort­af­stand-S­cud-mis­sie­le, meer as 200 No-dong-mis­sie­le, en so­wat 50 Mu­su­dan- en Ta­e­po­dong-mis­sie­le.

Dié mis­sie­le kan ge­bruik word om met kon­ven­si­o­ne­le, che­mie­se en selfs kern­plof­kop­pe tei­kens op die Ko­re­aan­se skier­ei­land en selfs ver­der te tref.

Fo­to: REUTERS

Le­de van die Noord­Ko­re­aan­se bur­ger­mag het eer­gis­ter in die hoof­stad, P­jong­jang, saam­ge­trek om hul steun vir ’n moont­li­ke oor­log te toon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.